Diensvergaderinge vir November
Week wat begin met 4 November
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon artikels in jongste tydskrifte wat hierdie Saterdag in die tydskrifwerk gebruik kan word.
20 min: “Gebruik die Woord van die waarheid met vaardigheid.” Vraag-en-antwoorddekking van die artikel. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om die Bybel by die deure te gebruik. Demonstreer, nadat paragraaf 5 bespreek is, die voorgestelde aanbieding.
15 min: “Die New World Translation—Vakkundig en eerlik.” Bespreking van artikel wat in Die Wagtoring van 1 Maart 1991 verskyn het.
Lied 23 en slotgebed.
Week wat begin met 11 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig deelname aan die hulppionierdiens in Desember aan.
25 min: “Bied die goeie nuus aan—deur tuisbybelstudies aan te bied.”Vraag-en-antwoorddekking. Laat ’n ervare verkondiger demonstreer hoe ’n Bybelstudie begin kan word met iemand wat belangstelling getoon het in die boek wat aangebied is. Moedig broers aan om terug te gaan na enigiemand wat belangstelling getoon het, of die persoon nou iets geneem het of nie.
10 min: “Nuwe videoband!—Hoe dit gebruik kan word.” Toespraak met hoofpunte uit artikel. Beklemtoon die feit dat hierdie nuwe voorsiening gebruik moet word om progressiewe Bybelstudies en familielede met Jehovah se organisasie vertroud te maak.
Lied 167 en slotgebed.
Week wat begin met 18 November
10 min: Plaaslike aankondigings, rekeningverslag en Genootskap se erkenning van bydraes. Prys broers vir hulle mededeelsaamheid.
20 min: “Gemeentelike Boekstudiereëling—Deel 5.” Vraag-en-antwoordbespreking deur die diensopsiener. Vra kommentare oor hoe sommige by hierdie voorsiening baat gevind het, of voer onderhoud met een of twee wat deur die besoek van die diensopsiener gehelp is.
15 min: Plaaslike behoeftes of “Koninkryksverkondigers berig”. Toespraak. Gebruik ondervindinge wat uit hierdie artikels in Die Wagtoring gevind is, en toon watter kragtige uitwerking die Bybel op die lewe van mense het. Kan artikel in nommer van 1 April 1991 insluit.
Lied 75 en slotgebed.
Week wat begin met 25 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Moedig almal aan om Sondag, 1 Desember, aan die veldbediening deel te neem.
20 min: “Wees heelhartig in die veldbediening—Deel 5.” Vraag-en-antwoordbespreking van die slotartikel in hierdie reeks. Spoor almal hartlik aan om die wenke wat gegee is toe te pas. ’n Onderhoud kan, na gelang van die tyd, met ’n ywerige verkondiger of pionier gevoer word wat kan vertel watter persoonlike voordele dit vir hom ingehou het om ’n volle aandeel in die bediening te hê.
15 min: “Gebruik die somer wyslik.” Vraag-en-antwoorddekking. Ons het altyd ’n swak diensrapport vir Desember omdat soveel weg is van hulle tuisgemeentes en hulle nie hulle velddiens betyds rapporteer nie. Moedig almal aan om hulle bedrywighede betyds te rapporteer en die diensrapport vir hierdie Desember die beste te maak.
Lied 71 en slotgebed.