Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/91 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 6 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 13 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 20 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 27 MEI
Ons Koninkryksbediening—1991
km 5/91 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 6 MEI

Lied 63

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek velddiensreëlings. Meld alle spesiale reëlings vir velddiens op wêreldse vakansiedae op 9 en 31 Mei. Vertel ’n ondervinding of twee oor intekeninge wat tot dusver verkry is.

25 min: “Help mense om hulle van die duisternis tot die lig te keer.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat gehoor, wanneer paragraaf 6 bespreek word, ten minste twee persoonlike ondervindinge vertel van hoe hulle of hulle gesin by Die Wagtoring baat gevind het. Bespreek in paragraaf 7 wenke in Ons Koninkryksbediening vir April 1991, bladsy 7, oor mense vir wie ons intekeninge kan aanbied.

10 min: Vraebus. Toespraak deur ouere man. Pas raad taktvol maar spesifiek toe op plaaslike situasie soos nodig. Kan gehoor by bespreking betrek.

Lied 192 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 13 MEI

Lied 221

8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Sluit erkenning van bydraes in. Prys gemeente hartlik vir hulle geldelike steun van plaaslike sowel as wêreldwye Koninkryksbelange.

17 min: “Bied die goeie nuus aan—in die aand.” Vraag-en-antwoorddekking. Bespreek gemeente se reëlings vir aandgetuieniswerk. ’n Kort plaaslike ondervinding kan gebruik word om waarde van aandgetuieniswerk te beklemtoon.

20 min: Deel in wêreldwye vreugde deur te sê: “Kom!”. Toespraak, onderhoud(e) en ondervinding(e), gebaseer op voorbladartikels in Die Wagtoring van 1 Januarie 1991. Entoesiastiese en aanmoedigende toespraak oor inligting uit Die Wagtoring, asook betuigings en ondervindinge van ywerige plaaslike verkondigers wat sulke vreugde weerspieël.

Lied 65 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 20 MEI

Lied 181

10 min: Plaaslike aankondigings. Beklemtoon een of twee gesprekspunte in huidige tydskrifte. Herinner gemeente aan reëlings vir getuieniswerk op 31 Mei.

20 min: “Help ander tydens die velddiens.” Toespraak met ’n bietjie gehoordeelname. Onderhoud met voorbeeldige verkondiger wat verduidelik hoe hy persoonlik daarby baat vind deur saam met ander velddiens te doen.

15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak, gebaseer op artikel “Haat jy dit om kritiek te ontvang?” in die Ontwaak! van 8 Februarie 1991. Spreker moet duidelik toon op watter ses maniere kritiek aanvaarbaarder gemaak kan word.

Lied 115 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 27 MEI

Lied 170

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Hersien aanbod vir Junie en hoe dit ingeskakel kan word by nuwe Onderwerp vir gesprekke: “Nou is die tyd om God te soek.” Tekste wat gebruik kan word, is Jesaja 55:6, 7 (die ware God kan gevind word) en Handelinge 17:26, 27 (die mens moet God nóú soek).

20 min: “Gebruik die Bybel in die velddiens.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 6 bespreek word, hou kort demonstrasie waartydens aanbod vir Junie gemaak word. Gebruik net een van die tekste in nuwe Onderwerp vir gesprekke.

15 min: “Hoe die gesin by die Index baat kan vind.” Vraag-en-antwoorddekking van materiaal. Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet ’n egpaar gebruik van Index demonstreer en na verskeie belangrike onderhofies onder die hoofopskrif “Marriage” verwys.

Lied 151 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel