Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 1 APRIL
15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening moet deur die diensopsiener behartig word. Bespreek glanspunte van Gedenkmaal, hoeveel nuwelinge teenwoordig was en wat hierdie week gedoen kan word om bywoning van spesiale toespraak: “Die Messias se koms en sy heerskappy” op 7 April aan te moedig. Hersien velddiensreëlings vir die spesiale tydskrifdag op 6 April. As julle gemeente ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag op 6 April het, moet reëlings getref word vir ’n spesiale tydskrifdag op 13 April. Sê vir die gemeente hoeveel hulppioniers daar vir April is. Moedig diegene wat nie pionierdiens doen nie aan om die hulppioniers te ondersteun. Hersien kortliks instruksies in Hoe om intekeninge reg te hanteer (S-11) met gemeente.
15 min: “Vervul ons Koninkryksbediening in die gemeente.” ’n Toespraak gevolg deur ’n goed voorbereide demonstrasie waar boekstudiehouer aan egpaar verduidelik hoe die Index gebruik kan word om inligting te vind oor waarom en wanneer susters ’n hoofbedekking dra.
15 min: Nuwe Onderwerp vir gesprekke. Bespreek nuwe Onderwerp met gehoor. Bespreek ook verskeie gesprekspunte uit jongste nommer van Die Wagtoring. Laat ’n goed voorbereide verkondiger die volgende aanbieding maak. “Hallo. My naam is ______. Ek besoek u kortliks omdat ek u graag ’n vraag wil vra. Dink u dat daar blywende vrede in ons leeftyd sal kom? [Wag vir antwoord.] Te oordeel na die verlede is daar nie baie rede vir hoop nie. Maar kyk wat Lukas 21 vir ons tyd voorspel het. [Lees verse 10, 11, 26.] Hierdie toestande heers al sedert die Eerste Wêreldoorlog. Maar ons word nie sonder hoop gelaat nie. Dit is juis hierdie toestande wat die mens so verontrus wat bewys dat God se Koninkryk binnekort die aarde sal reinig en blywende vrede sal bring. Dit is wat Jesus voorts in verse 28 en 31 sê. [Lees tekste.] Hierdie droewige en ontmoedigende toestande bewys in werklikheid dat daar binnekort ’n wonderlike verandering sal plaasvind. Is dit nie goeie nuus nie? [Laat persoon antwoord.] Hierdie artikel in Die Wagtoring [kies gepaste paragraaf of illustrasie] toon sommige van die veranderinge wat binnekort sal kom en hoe jy en jou gesin dit kan belewe.” Bied intekening teen ’n bydrae van R16,00 aan. Waar intekening van die hand gewys word, moet jy twee tydskrifte teen ’n bydrae van R1,40 aanbied. Verkondiger kan ook meld in hoeveel tale tydskrifte gedruk word en in hoeveel lande ons werk gedoen word. Sluit hierdie deel af deur almal aan te moedig om die nuwe Onderwerp vir gesprekke te gebruik.
Lied 60 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 8 APRIL
5 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus.
15 min: “Bied die goeie nuus aan—Op doeltreffender wyse deur te luister.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Demonstreer, wanneer paragraaf 4 bespreek word, hoe verkondiger ’n gulde geleentheid laat verbygaan om ’n goeie bespreking te hê omdat hy nie wakker was vir huisbewoner se kommentare oor sake waaroor hy persoonlik besorg is nie. Vra gehoor hoe hy dit kon hanteer het. Laat dieselfde verkondiger daarna die demonstrasie herhaal, maar hierdie keer moet hy dit reg doen deur ’n goeie gesprek met die huishouer aan te knoop.
25 min: “Laat elkeen in verhouding tot sy inspanning maai.” Toespraak en bespreking van artikel in byvoegsel. Moet deur ’n ouere man behartig word. Pas materiaal plaaslik toe. Paragrawe en teksverwysings kan gelees word soos die tyd dit toelaat.
Lied 128 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 15 APRIL
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Sluit Genootskap se betuigings van waardering vir geldelike steun van wêreldwye werk in. Prys broers vir ruimhartige steun van plaaslike gemeente se behoeftes. Moedig almal aan om ten volle aan spesiale bedrywighede in April deel te neem. Ons streef daarna om die 50 000-kerf in verkondigers te oorskry.
15 min: “Moedig ander aan om Die Wagtoring te lees.” Entoesiastiese toespraak gevolg deur twee of drie voorbereide, kort betuigings van verkondigers wat sê waarom hulle Die Wagtoring op prys stel en hoe hulle daarby baat vind deur dit gereeld te lees.
20 min: “Begin en eindig vergaderinge betyds.” Vraag-en-antwoordbespreking. Lees al die paragrawe.
Lied 8 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 22 APRIL
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien skoonmaakreëlings vir die Koninkryksaal. Help broers om te besef hoe belangrik samewerking is om Jehovah se plek van aanbidding skoon te hou.—Sien die artikel “Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?” op bladsy 7 van Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1989 vir meer inligting.
15 min: “Maak goed gebruik van ons publikasies.” Dek deur middel van vrae en antwoorde. Hou een of twee kort demonstrasies wat toon hoe verkondiger vasstel wat die huisbewoner se behoeftes is voor hy gepaste lektuur aanbied.
10 min: Die werk van saalwagters. Voer onderhoud met broer wat toesig hou oor saalwagters. Bespreek hulle pligte en hoe die gemeente met die saalwagters kan saamwerk. (Sien Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 63-4 en Ons Koninkryksbediening, Desember 1989, bladsy 3.) Meld dat saalwagters dit soms onder ouers se aandag sal bring dat hulle hulle kinders moet stilhou wanneer hulle lastig is. Saalwagters let ook op die gerief en ordelikheid by ons vergaderinge, tel hoeveel aanwesig is, help bejaarde en verswakte persone om sitplek te kry, ensovoorts.
10 min: Gebruik traktate in die bediening. Wys vir broers watter traktate beskikbaar is, en bespreek verskillende maniere waarop hulle gebruik kan word. Laat gehoor kommentaar lewer oor hoe hulle traktate gebruik en laat hulle miskien ’n paar ondervindinge vertel wat hulle gehad het. Ons het in Januarie bespreek hoe traktate gebruik kan word om studies te begin. Laat gehoor ondervindinge vertel oor resultate van hierdie benadering. Sien ook opskrif “Tracts” in Index vir ander ondervindinge oor hoe om traktate te gebruik.
Lied 181 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 29 APRIL
5 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om hulle velddiens- en Bybelstudierapporte betyds in te handig.
15 min: Gebalanseerde gebruik van vrye tyd. Voer onderhoud met verskeie jongmense oor vrye tyd. Gebruik materiaal uit Jongmense vra-boek, hoofstukke 35 tot 37. Broer wat onderhoud voer, kan vra: Waarom moet jy selektief wees in wat jy lees? Hoe kan jy geskikte leesstof kies? Wat is party potensiaal skadelike gevolge van oormatige TV-kykery, en hoe kan dit beheer word? Waarom mis jy niks deur nie wêreldse jongmense na te volg nie? Waarom kan dit gevaarlik wees om hulle na te volg? Wat is ’n paar maniere waarop jy heilsame ontspanning kan geniet? Waarom moet ons gebalanseerd wees op hierdie gebied?
15 min: Preek van huis tot huis. Entoesiastiese en aanmoedigende toespraak oor Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 84-7. Pas plaaslik toe, en vestig aandag op reëlings wat gemeente het vir groepgetuieniswerk van huis tot huis. Wys daarop hoe belangrik dit is om nuwe verkondigers op te lei om bekwaam in die huis-tot-huisbediening te wees.
10 min: Plaaslike behoeftes of toespraak oor “Oplaas ’n volmaakte regering!” op bladsye 20-4 van die Ontwaak! van 22 Desember 1990.
Lied 12 en slotgebed.