Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/90 bl. 1-2
  • Sal jy Jehovah hierdie Desember loof?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal jy Jehovah hierdie Desember loof?
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • BIED DIE BYBELVERHALE-BOEK AAN
Ons Koninkryksbediening—1990
km 12/90 bl. 1-2

Sal jy Jehovah hierdie Desember loof?

1 Koning Dawid het lank gelede die volgende woorde tot lof van sy hemelse Koning, Jehovah God, geskryf: “o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd” (Ps. 145:1, 2). Dawid het ’n besonder hegte verhouding met Jehovah gehad, en dit het gemaak dat hy met waardering van Jehovah gepraat het. Het ons nie ook net soos Dawid van die ou tyd talle goeie redes om met vreugde uit te roep en Jehovah te loof weens alles wat hy vir ons gedoen het nie?

2 Desember bied ons baie geleenthede om Jehovah te loof. Ons kan dit doen deur aan die predikingswerk deel te neem, terwyl ons ons “Suiwer Taal”-Streekbyeenkoms bywoon en selfs wanneer ons met vakansie is. Terwyl die wêreld alle selfbeheersing oorboord gooi, wil ons as Jehovah se volk nooit vergeet dat ons ons lewe aan Jehovah toegewy het nie. Ons wil voortgaan om Jehovah te loof (Ps. 145:7, 10, 21). Ten einde Jehovah gedurende Desember lojaal te loof, moet ons ’n paar dinge in gedagte hou.

3 Tref reëlings om gedurende Desember as gesin ’n volle aandeel aan die velddiens te hê. As julle van plan is om met vakansie weg te gaan, moet julle asseblief julle velddiensrapporte ingee voordat julle vertrek, veral as julle nie voor 3 Januarie 1991 terug sal wees nie. Hoewel Desember ons beste maand in die velddiens behoort te wees omdat baie op vakansie is, is dit nie die geval nie, aangesien baie van ons broers eenvoudig vergeet om te rapporteer. Kan ons vanjaar ’n doelbewuste poging aanwend om elke verkondiger te help om Jehovah in die veld te loof en ook betyds te rapporteer? Ons wil boekstudiehouers aanspoor om elkeen in hulle groep te help, hetsy hulle met vakansie gaan of nie, om ’n rapport vir Desember in te gee.

BIED DIE BYBELVERHALE-BOEK AAN

4 Gedurende Desember sal ons My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R7,50 aanbied. Ons wil veral skoolgaande verkondigers aanspoor om ’n spesiale poging aan te wend om hierdie boek te versprei. Dit sal moed verg om dit te doen, maar Jehovah sal jou die nodige krag gee. Soek geleenthede om My boek met Bybelverhale onder die aandag van jongmense en ouer persone te bring.

5 Hoe kan jy ’n bespreking begin deur die boek te gebruik? Jy kan sê: “Dink jy die aarde sal ooit ’n gelukkige en vreedsame plek wees om op te lewe?” Blaai na verhaal 71, en meld die glanspunte in Jesaja 11:6-9 of Openbaring 21:3, 4. Of jy kan hierdie vraag stel: “Vind jy dit moeilik om die Bybel aan jou kinders te verduidelik? Indien wel, kan hierdie boek jou help. Laat ek jou wys hoe dit jou kan help om die betekenis van die Onse Vader te verduidelik.” Hersien glanspunte van verhaal 91.

6 Jy sal dalk sommige mense kry wat reeds die Bybelverhale-boek het. Bied gerus aan om dit saam met hulle as gesin te studeer. Jy kan ook by hulle party ander gepaste Bybelstudiehulpe aanbied. Het jy al daaraan gedink om die Bybelverhale-boek by mense op straat aan te bied? Baie het dit gedoen, en party het goeie resultate behaal. Neem gerus ’n paar eksemplare saam as jy met vakansie gaan, en bied hulle op jou pad by vulstasies, ens. aan. Onthou om eksemplare saam te neem in die tale wat die plaaslike mense praat.

7 Sal jy onder die duisende wees wat Jehovah gedurende Desember lojaal sal loof? Berei nou voor om dit as gesin te doen sodat julle seker kan maak dat julle ook “aan God ’n lofoffer [kan] bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely”.—Hebr. 13:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel