Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 5 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon spesifieke artikels in jongste tydskrifte wat ons hierdie week kan aanbied. Herinner broers daaraan om volgende week hulle Uitvoering van God se wil-brosjure na Diensvergadering te bring.
20 min: “Ons moet die Woord van God aanbeveel.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat bekwame verkondiger nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ demonstreer wanneer paragrawe 3 en 4 bespreek word.
15 min: Die waarde van die New World Translation Reference Bible. Bespreking. Ouere man bespreek waarde van NW-naslaanuitgawe met twee of drie verkondigers wat goed van hierdie publikasie gebruik gemaak het. Bespreek die verklaring van die New World Bible Translation Committee op bladsy 5. Wys op die waarde van voetnote, kruisverwysings, twee konkordansies en aanhangsel. Beklemtoon hoe waardevol dit is om hierdie publikasie tydens persoonlike studie en voorbereiding vir gemeentelike vergaderinge te gebruik.
Lied 46 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 12 NOVEMBER
8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Lees die Genootskap se erkennings van bydraes tot die Genootskap se wêreldwye werk en die Genootskap-Koninkryksaalfonds. Spreek ook waardering uit vir broers se geldelike bydraes aan plaaslike gemeente.
22 min: “Rig Bybelstudente na Jehovah se organisasie.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 3 gedek word, moet bekwame verkondiger demonstreer hoe student aangemoedig kan word om gemeentelike vergaderinge by te woon deur spesifieke informasie in Uitvoering van God se wil-brosjure, bladsye 14 en 15, te gebruik.
15 min: Vraebus. Ervare ouere man behartig hierdie deel in die vorm van ’n bespreking met ’n mate van gehoordeelname. Pas die informasie plaaslik toe waar nodig, en help almal om die rede vir en waarde van hierdie informasie te besef.
Lied 36 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 19 NOVEMBER
15 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Bespreek die werk wat die gemeente gedurende die ontoegekendegebiedkampanje gedoen het. Gebruik syfers van gemeenterapport wat teen 15 November aan Genootskap gestuur is.
20 min: “Help ander om God se Woord bekwaam te gebruik.” Bespreking deur vrae en antwoorde. Beklemtoon hoe belangrik dit is om mekaar te help om bekwamer in verskeie fasette van die bediening te word. Demonstreer hoe verkondiger Bybelstudente wat aan die vereistes voldoen, kan help of hoe ’n ouer sy minderjarige kind help om vir die bediening voor te berei.
10 min: Dienskomitee bespreek die gemeente se gereeldheid in die veldbediening. Gebruik gepaste gedagtes in brief van 31 Mei 1990 aan alle liggame van ouere manne. Meld plaaslike syfers, en moedig almal aan om elke week aan die bediening deel te neem en hulle diens stiptelik aan die einde van elke maand te rapporteer. Hou bespreking aanmoedigend en besielend.
Lied 183 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 26 NOVEMBER
5 min: Plaaslike aankondigings.
13 min: “Bied die goeie nuus aan—op biddende wyse.” Hartlike, treffende toespraak. Beklemtoon hoe belangrik dit is om God se leiding en seën op ons bediening te vra.
15 min: Sekretaris hersien met gemeente die herinneringe in verband met die streekbyeenkoms. Verwys na byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1990. Sluit die volgende herinneringe in: Het almal definitiewe reëlings getref om die byeenkoms van die begin af by te woon? Het jy by jou werk verlof gevra? Is die hele gesin toegerus om aantekeninge te maak wat sal verseker dat hulle almal die grootste voordeel uit die program trek? Sal jy jou dienste by die byeenkoms aanbied? Het jy reëlings getref dat jou Bybelstudies dit kan bywoon? Herinner die broers ook daaraan om nie gedurende die program rond te loop nie en hoe belangrik dit is dat ouers hulle kinders te alle tye behoorlik beheers.
12 min: Bied My boek met Bybelverhale gedurende Desember aan. Toespraak en demonstrasie. Toon waarde van hierdie publikasie, en beklemtoon spesifieke gedagtes en illustrasies wat gebruik kan word. Bekwame verkondiger demonstreer hoe boek by ’n ouer in die huis-tot-huiswerk aangebied kan word.
Lied 188 en slotgebed.