Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/90 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1990
Ons Koninkryksbediening—1990
km 8/90 bl. 7

Aankondigings

● Lektuuraanbod vir Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe die Skool-brosjure, teen ’n bydrae van 75c. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawe kos R3,75. Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of op albei, teen ’n bydrae van R12,00 elk. November: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en Moet jy aan die Drie-eenheid glo? of “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van R4,50.

● Jehovah se Getuies se kalender vir 1991 sal aspekte van ons bediening in ses lande uitbeeld deur middel van ’n aantal aantreklike kleurfoto’s van takkantore, Koninkryksale en tonele van Koninkryksverkondiging. Gemeentes moet begin om die kalender vir 1991 saam met hulle lektuurbestelling vir September te bestel. Die kalenders sal in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Kalenders is beheerde items en lektuurrekeninge sal met R2,60 elk gedebiteer word. Dit is die tarief vir verkondigers, pioniers en die publiek. Geldsendings moet nie die bestelling vergesel nie tensy julle gemeente ’n nadelige saldo by die Genootskap het. In sulke gevalle moet kontant julle bestelling vergesel. Totdat die kalenders beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn.

● Die Bybel—God se woord of die mens s’n? sal vanaf die week wat met 24 September 1990 begin tydens die Gemeentelike Boekstudie bespreek word.

● Elke gemeente sal drie lektuurinventarisvorms ontvang en moet kampanjelektuur tel. Vul die vorms asseblief volledig in en stuur die oorspronklike nie later nie as 6 September 1990 aan ons. Hou ’n deurslag in julle lêers. Die derde eksemplaar kan as ’n werkstaat gebruik word.

● Alle verkondigers moet hulle intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak! deur die gemeente hernieu. Dit sal ook help as verkondigers hulle persoonlike lektuur en ander benodigdhede deur die gemeente bestel pleks van individuele bestellings aan die takkantoor te stuur.

● Dienskomitees word daaraan herinner om onmiddellik aandag te skenk aan aansoeke vir gereelde pionierdiens en om dit betyds aan die Genootskap te stuur. Dit sal die Genootskap in staat stel om die aanstellings af te handel en na gemeentes uit te stuur voordat aansoekers begin dien.

● Gemeentes moet van 1 Augustus 1990 af ’n voorraad “Medical Documents” en “Identity Cards” op ’n lektuurbestelvorm (S-14) bestel. Hierdie kaarte moet nie onmiddellik uitgegee word wanneer hulle ontvang word nie, maar moet teruggehou word tot verdere kennisgewing oor wanneer hulle in die begin van die kalenderjaar aan die broers uitgedeel moet word.

● Aangesien daar ’n aantal kringveranderings is wat vanaf 1 September 1990 in werking tree, moet julle asseblief kennis neem van die volgende veranderings in verband met julle streekbyeenkomstoewysings:

13-16 Desember: Bloemfontein, Kringe 41, 53A & B, 21A & B, 39B (Suid/Oos), 52.

Lebowa-Kgomo, Kringe 17 (Sepedi-afdeling), 19, 46.

Johannesburg, Kringe 1, 2, 7A, 11, 12, 13, 22 (Wes), 49, 53B (slegs Carletonville).

28-31 Desember: Pretoria, Kringe 3, 7B, 15, 16, 19, 40, 50.

● Nuwe kassetopnames beskikbaar:

My boek met Bybelverhale (vyf kassette in ’n album; gemeente en publiek: R30,00; pioniers: R23,00)—Zulu

● Uit voorraad in Suid-Afrika:

“All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel