Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 7 Mei tot 20 Augustus 1990. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die dinge wat Timotheüs by Paulus geleer het, moes nie aan ander bekendgemaak word nie. [si bl. 236 par. 6]
2. Omdat Paulus sy uiteindelike veroordeling en teregstelling verwag het, het hy twee maal by Timotheüs aangedring om gou na hom te kom en Markus en die perkamente wat in Troas agtergelaat is saam met hom te bring. [si bl. 235 par. 2, 3]
3. Hoewel Paulus se naam nie in die brief aan die Hebreërs voorkom nie, is daar geen twyfel dat hy dit geskryf het nie. [si bl. 241 par. 2, 3]
4. Hoewel Hebreërs waardevolle verduidelikings van diep skriftuurlike waarhede bevat, het dit min praktiese waarde in die daaglikse lewe van die Joodse broers gehad. [si bl. 242 par. 9]
5. Die Bybelskrywer Jakobus, Jesus se halfbroer, was nie gedurende Jesus se aardse bediening een van Sy dissipels nie. [si bl. 246 par. 1]
6. Die wonderdadige gebeurtenisse op Pinkster 33 G.J. het laat in die middag plaasgevind. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 24.]
7. Die doop van Cornelius, die eerste nie-Joodse bekeerling, het die einde van die “sewentig sewetalle” beteken (Dan. 9: 24). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 24.]
8. Die getuieniswerk van Paulus en Barnabas in Filippi het gelei tot ’n oproer en hulle gevangeneming, waarna hulle uit die tronk bevry is deur middel van ’n aardbewing. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 25.]
9. Paulus het in Efese saam met die ouere manne vergader en vertel hoe hy hulle in die openbaar en van huis tot huis geleer het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 26.]
10. As doopwater op sigself sondes afwas, sal ’n mens hom na elke nuwe sonde weer moet laat doop (Hand. 22:16). [Weeklikse Skrifgedeelte]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Waarom het Paulus Timotheüs aangemoedig om in Efese te bly? [si bl. 233 par. 7]
12. Hoe is Christene geraak deur die groot brand in Rome in 64 G.J.? [si bl. 235 par. 1]
13. Wie was die eienaar van die slaaf Onesimus wat weggeloop het? [si bl. 239 par. 1, 2]
14. Watter definisie gee Paulus van geloof? [si bl. 244 par. 20]
15. Wat is ’n sekte? (Hand. 24:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF88 1/8 bl. 26.]
16. Watter vyf kanonieke briewe het Paulus gedurende sy eerste gevangenskap in Rome geskryf? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 26.]
17. Hoe het Paulus (Saul) ‘teen die prikkels geskop’? (Hand. 26:14). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF78 6/1 bl. 17.]
18. Waarom wou Paulus baie graag na Rome gaan? (Rom. 1:11, 12). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 8/1 bl. 23.]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
19. Paulus het Eerste Timotheüs tussen ․․․․․․․ geskryf. [si bl. 232 par. 2]
20. In sy brief aan Titus het Paulus gesê dat ’n opsiener vry van beskuldiging, of ․․․․․․․ moet wees, [si bl. 238 par. 5]
21. Natuurlike Israel kon nie in God se rus ingaan nie weens ․․․․․․․ en ․․․․․․․ .[si bl. 242 par. 12]
22. God se belofte aan Abraham is bevestig deur twee onveranderlike dinge: ․․․․․․․ .[si bl. 243 par. 14]
23. Van al die Evangelieskrywers is dit net ․․․․․․․ wat vertel van die openhartige gesprekke wat Jesus met sy apostels gehad het en die gebed wat Hy ge-durende sy laaste aand ten behoewe van hulle gedoen het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15 bl. 24.]
24. Volgens Handelinge 8:9-24 moet Christene in verantwoordelike posisies hulle nie aan ․․․․․․․ skuldig maak nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 8/15 bl. 15 par. 9.]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
25. Mense wat sonde beoefen, moet voor (die ouere manne alleen; alle aanwesiges; die hele gemeente) tereggewys word, [si bl. 234 par. 13]
26. Paulus het sy brief aan Titus geskryf toe Titus in (Rome; Korinthe; Kreta) was. [si bl. 237 par. 1]
27. Jesus is die Middelaar van die (nuwe verbond; Abrahamitiese verbond; verbond vir ’n hemelse koninkryk). [si bl. 243 par. 17]
28. Die Herodes wat in Handelinge 12:1, 2 gemeld word, was (Herodes die Grote; Herodes Antipas; Herodes Agrippa I). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 24.]
29. Paulus se eerste sendingreis het in (Antiochië in Pisidië; Antiochië, Sirië; Jerusalem) begin. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 24.]
30. Die mense in Korinthe het soveel belangstelling getoon dat Paulus (18 maande; 12 maande; 6 maande) lank in daardie stad gebly het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 5/15 bl. 25.]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Joh. 14:27; 20:31; Hand. 6:3; Rom. 1:16,17; 6:12
31. Watter voorsiening het die vroeë Christene gemaak om na die behoeftiges om te sien? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 6/1 bl. 8 par. 2.]
32. Die nuwe lewe wat Christene in Jesus het, verplig hulle om teen hulle vleeslike swakhede te stry. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 8/1 bl. 24.]
33. Die apostel Johannes meld dit as die rede waarom hy sy Evangelie geskryf het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15 bl. 24.]
34. Die regverdige lewe uit die geloof. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 8/1 bl. 23.]
35. Die vrede wat Jesus vir sy dissipels gegee het, het hulle ’n kalm hart en verstand gegee. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF90 3/15 bl. 25.]