Verkondig die goeie nuus in ons ontoegekende gebied
Gedurende die afgelope paar jaar is daar gemerk dat die ondersteuning van die ontoegekendegebied-kampanje geleidelik toegeneem het. Dit is prysenswaardig, aangesien dit toon dat die verkondigers oor mense besorg is. Ons spoor almal aan om van Augustus tot Oktober weer eens ywerig in die ontoegekende gebied te soek na persone wat waardig is (Matt. 10:11). Waar dit moontlik is, moet ons probeer om meer as een naweek per maand in die gebied te werk.
Daarbenewens moedig ons ouere manne en bedieningsknegte aan om na gebiede waar meer hulp nodig is te trek. Daar is baie sulke gebiede in die Kaapprovinsie en die Oranje-Vrystaat. Julle kan besonderhede by die Genootskap kry. Diegene wat na ander gebiede kan trek, moet die ouere manne raadpleeg en ook na Ons bediening-boek, bladsye 112 en 113, kyk. Party stedelike gemeentes het selfs ’n deel van hulle ontoegekende gebied as ’n permanente toewysing aanvaar. Mag almal Paulus se gretigheid openbaar wat die verkondiging van die goeie nuus in hierdie tyd van die einde betref.—Rom. 1:15, NW.