Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/90 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1990
Ons Koninkryksbediening—1990
km 7/90 bl. 3

Aankondigings

● Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe die Skool-brosjure, teen ’n bydrae van 75c. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawe kos R3,75. Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of op albei, teen ’n bydrae van R12,00 elk.

● Enigiemand wat beplan om van 1 September 1990 aan die gewone pionierdiens deel te neem, moet sonder versuim ’n aansoekvorm invul en dit aan die ouere manne gee om na te gaan. Nadat die aansoekvorm deur die Gemeentelike Dienskomitee goedgekeur en onderteken is, moet dit vroeg in Augustus aan die Genootskap gepos word. As goedgekeurde aansoeke vroeg gestuur word, sal dit nie nodig wees om versoeke te rig dat die aanstellingsdatum vervroeg moet word nie.—Sien byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986, paragrawe 21-26.

● Gemeentes word daaraan herinner om genoeg vorms vir die 1991-diensjaar te bestel. Hierdie vorms moet spaarsaam gebruik word. Hulle moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor hulle gedruk is.

● Lapelkaarte vir die 1990-streekbyeenkoms moet bestel word. Gemeentes se lektuurrekening sal met 5c per kaart gedebiteer word. Gemeentes wat nie ’n rekening het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Lapelkaarte is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Plaas asseblief julle bestelling onmiddellik.

● Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak “Lewe met gesonde verstand in ’n verdorwe wêreld” hou.

● Aangesien daar ’n beperkte aantal ouere manne in Namibië is, word ouere manne wat hulle sake so kan reël, genooi om die “Suiwer Taal”-Streekbyeenkoms van 1990 in Windhoek by te woon. Daar word reëlings getref om ’n program in Portugees by hierdie byeenkoms te hou, en daarom nooi ons Portugeessprekende ouere manne om dit by te woon. Ons nooi party Portugeessprekende ouere manne om dit ook te oorweeg om die streekbyeenkoms in Maputo, Mosambiek, by te woon, wat vanaf 29 Desember tot 1 Januarie 1991 gehou sal word. Aangesien party toesprake by die streekbyeenkoms in Gaborone, Botswana, in Engels gehou sal word, nooi ons Engelssprekende ouere manne om dit te oorweeg om hierdie byeenkoms by te woon. As jy enige van die bogenoemde byeenkomste kan bywoon, moet jy asseblief so gou moontlik aan die Genootskap skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel