Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R7,50. Januarie en Februarie: Enige sakformaatboek wat voor 1980 uitgegee is en waarvan die gemeente ’n voorraad het teen die verminderde bydrae van R1,00. Indien die gemeente nie ’n voorraad boeke het wat teen die verminderde bydrae aangebied kan word nie, kan die volgende boeke bestel word: Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, God se “ewige voorneme” seëvier nou ten goede van die mens en Heilige gees—die krag agter die komende nuwe orde! teen ’n bydrae van R1,00 elk. Ouere manne kan riglyne in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 raadpleeg oor krediet vir boeke teen ’n verminderde bydrae. (Engels: Survival Into a New Earth teen ’n bydrae van R2,50.)
• Die Gedenkmaal van 1991 sal na sononder op Saterdag, 30 Maart, gehou word. Hierdie vroegtydige kennisgewing van die datum van die Gedenkmaalviering van 1991 word gegee sodat broers die nodige besprekings kan maak of kontrakte kan opstel vir beskikbare sale wanneer daar te veel gemeentes is wat een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet vind.
• Die Wagtoring in Hongaars sal vanaf die nommer van 1 Januarie 1990 ’n halfmaandelikse uitgawe word.
• Ontwaak! sal vanaf die nommer van 8 Januarie 1990 maandeliks in Hongaars, Sepedi en Tswana uitgegee word. Daarbenewens sal Ontwaak! in Zulu vanaf die nommer van 8 Januarie 1990 halfmaandeliks uitgegee word.
• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeur.
• Soos aangekondig in Ons Koninkryksbediening vir November 1989 spoor ons elke verkondiger en pionier aan om seker te maak dat hulle ’n persoonlike eksemplaar van Ondersoek die Skrif elke dag—1990 bekom en dit elke dag gebruik om die dagteks te bespreek.
• ’n Paar veranderinge sal aangebring word wanneer die Paradys op aarde-boek weer gedruk word. Die enigste betekenisvolle verandering is in verband met die Sodomiete op bladsye 178 en 179. Hierdie verandering het in die Openbaring-boek, bladsy 273, en in Die Wagtoring van 1 Junie 1988, bladsye 30 en 31 verskyn. Jy wil dit dalk in jou boeke wat vroeër gedruk is, aanteken.
• INTEKENINGE: Hulp-, gewone en spesiale pioniers moet pioniertarief betaal vir alle intekeninge, waaronder nuwe intekeninge, hernuwings (van ongedoopte persone) en persoonlike intekeninge. Maar alle verkondigers wat lede van ’n pionier se huisgesin is en wat nie pioniers is nie, hetsy kinders of volwassenes, moet die gewone verkondigertarief vir hulle intekeninge betaal.
• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Bybels—Kwanyama, Ndonga,Sepedi