Hersiening vir Teokratiese bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 4 September tot 18 Desember 1989. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die “Spruit” wat in Sagaria 6:12 gemeld word, is Jesus Christus. [si bl. 171 par. 25]
2. Sagaria 8:23 het voorspel dat die “groot menigte” “ander skape” by die oorblyfsel in ware aanbidding sal aansluit (Openb. 7:9; Joh. 10:16). [wAF88 1/1 bl. 18]
3. In die boek Romeine het Paulus duidelik bevestig dat Jode en nie-Jode gelyk is voor God. [si bl. 204 par. 2]
4. Die apostel Paulus het die gemeente in Rome tydens een van sy sendingreise gestig. [si bl. 205 par. 3]
5. Net ’n paar van Jesus se dissipels was getuies van die feit dat Jesus uit die dode opgewek is. [si bl. 211 par. 20]
6. Dit is net weens die man se opregte droefheid en berou dat Paulus die Korinthiese gemeente aangemoedig het om die man te herstel wat volgens instruksies in sy eerste brief uitgesit moes word, [si bl. 213 par. 6]
7. Omdat Paulus drie maal tot God gebid het om sy “doring in die vlees” te verwyder, is sy versoek toegestaan. [si bl. 215 par. 16]
8. Deur twee geldstukkies van geringe waarde in te gooi, het die arm vrou van Markus 12:41-44 ’n goeie voorbeeld van onselfsugtigheid in die ondersteuning van ware aanbidding gestel. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 10/15 bl. 31.]
9. Uit Markus 15:34 lyk dit of Jesus se geloof gewankel en hy geglo het dat God hom verlaat het. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 6/15 bl. 31.]
10. As ’n persoon geslagsomgang met ’n owerspelige maat hervat nadat hy of sy van die owerspel gehoor het, toon dit vergifnis aan die kant van die onskuldige maat. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF81 10/1 bl. 30.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Wat was die situasie ten opsigte van die tempel in Jerusalem toe Sagaria begin profeteer het? [si bl. 168 par. 1]
12. In watter opsig was die Jode verhewe, hoewel alle mense sondig is? [si bl. 206 par. 9]
13. Wie is die magte aan wie Christene volgens Romeine 13:1-7 onderdanig moet wees, en wat is die vernaamste beweegrede? [si bl. 207 par. 16]
14. Watter argument voer Paulus in sy eerste brief aan die Korinthiërs aan om te toon dat niemand hulle op mense kan beroem nie? [si bl. 210 par. 9]
15. Wie was die rots op wie Christus sy gemeente gebou het? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 12/15 bl. 8.]
16. Wat het Jesus bedoel toe hy van ’n demon gesê het: “Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie?” (Mark. 9:29). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF82 10/15 bl. 31.]
17. Wat was “die teken van Jona” wat in Mattheüs 16:4 gemeld word? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF83 3/15 bl. 31.]
18. Wie is die “boodskapper van die verbond” wat in Maleagi 3:1 (NW) gemeld word? [wAF87 6/15 bl. 12]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
19. Maleagi was ’n tydgenoot van ․․․․․․․.[si bl. 172 par. 2]
20. Ons kan nie deel hê aan die tafel van Jehovah en ․․․․․․․ nie. [si bl. 210 par. 16]
21. Die “jongman” wat weggevlug het van die wat Jesus gearresteer het, was waarskynlik ․․․․․․․(Mark
. 14:51, 52).[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 10/15 bl. 30.]
22. Die feit dat Markus verplig gevoel het om uitdrukkings soos “korban” in Markus 7:11 te definieer, toon dat hy hoofsaaklik met ․․․․․․․lesers in gedagte geskryf het. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 10/15 bl. 30.]
23. Jesus het geweier om die wyn wat met gal gemeng was te drink, omdat hy nie ․․․․․․․ wou wees nie (Matt. 27:34).[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 7/15 bl. 25.]
24. In Mattheüs 26:64 het Jesus die profesie in Daniël 7:13, 14 met vrymoedigheid op ․․․․․․․toegepas. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF88 1/1 bl. 10.]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
25. Die dood het as koning regeer van Adam tot (Abraham; Moses; Christus). [si bl. 206 par. 10]
26. Paulus het sy eerste brief aan die Korinthiërs omstreeks 55 G.J. uit (Rome; Macedonië; Efese) geskryf. [si bl. 209 par. 3]
27. Toe Paulus sy tweede brief aan die Korinthiërs geskryf het, (het die gemeente nog nie sy eerste brief ontvang nie; het nie baie maande tussen die twee briewe verstryk nie; het sowat drie jaar verstryk). [si bl. 213 par. 1]
28. Die stede van die Dekapolis was sentrums van (Griekse, of Hellenistiese, kultuur; Samaritaanse godsdiens; Judaisme) (Mark. 5:20). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 10/15 bl. 30.]
29. Net (Mattheüs; Markus; Lukas) het Elisabet se onvrugbaarheid, haar ontvangenis en die geboorte van Johannes beskryf. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 11/15.]
30. (Mattheus 20:30; Markus 10:46; Lukas 18:35) is nie strydig met die ander twee verslae nie; dit is eenvoudig meer spesifiek. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF88 2/1 bl. 5.]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Mal. 3:1-18; Matt. 22:30; Matt. 23:27, 28; Mark. 4:38; Rom. 11:13-24
31. Jehovah sou na sy tempel kom om te oordeel, die seuns van Levi te reinig en as ’n haastige getuie teen die goddeloses op te tree, [si bl. 173 par. 10]
32. Deur die illustrasie van ’n olyfboom te gebruik, het Paulus aan nie-Jode getoon dat hulle hulle nie moet verbly oor die verwerping van Israel nie. [si bl. 206 par. 14]
33. Jesus het waarskynlik op ’n matras of kussing gerus wat as ’n sitplek in die agterskip gedien het.[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 10/15 bl. 30.]
34. As ons op hierdie indirekte raad ag slaan, sal ons valsheid en geveinsdheid vermy. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 7/15 bl. 25.]
35. ’n Christen wie se huweliksmaat gesterf het, moet nie verplig voel om ongetroud te bly in die hoop dat sy vorige huweliksmaat in die opstanding met hom herenig sal word nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 6/1 bl. 30-1.]