Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 6 NOVEMBER
8 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon daardie aankondigings wat eerste aandag nodig net, soos die lektuuraanbod vir die maand en die bestelling van Ondersoek die Skrif. Bespreek gesprekspunte in jongste tydskrifte. Demonstreer kortliks tydskrifaanbiedings wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word.
17 min: “Help diegene wat die Koninkryk soek.” Vraag-en-antwoordbespreking. Vestig aandag op nuttige gedagtes in Redenering-boek en inligting in Insight. Laat ’n verkondiger tydens bespreking van paragraaf 5 ’n kort demonstrasie gee waarin hy van die verwysings na die Redenering-boek gebruik maak wanneer hy die aanbod doen. Demonstreer ook hoe ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik kan word. Beklemtoon hoe belangrik voorbereiding is.
20 min: Wek belangstelling vir toekomstige besoeke. Toespraak en demonstrasies. Dit is belangrik dat ons taktvol en vriendelik in ons bediening is (1 Kor. 9:19-23). As ons ’n goeie indruk laat, kan dit vir die volgende verkondiger wat daar aanklop moontlik wees om ’n deegliker getuienis te gee. As ons ’n vraag opper wanneer ons vertrek, kan ons die huisbewoner se gedagtes prikkel sodat hy sal uitsien na die volgende besoek. Hy sal dalk selfs daar en dan die gesprek wil voortsit as ons ’n vraag stel oor ’n onderwerp wat hom interesseer. Dit sal goed wees as ons onderwerpe gebruik wat in die Redenering-boek is. Vrae soos: “Het God die mens geskep om dood te gaan?” (rsAF bl. 85), “Sal die planeet Aarde in ’n kernoorlog vernietig word?” (rsAF bl. 25), “Wat is die doel van menselewe?” (rsAF bl. 268), “Hoe kan ’n mens weet watter geloof reg is?” (rsAF bl. 178) en “Hoekom is daar soveel goddeloosheid?” (rsAF bl. 167) of enige ander vraag wat plaaslik geskik sal wees, kan uit die Redenering-boek gekies word. Demonstreer hoe ’n besoek afgesluit word waar geen belangstelling getoon is nie. Net voor verkondiger vertrek, stel hy ’n vraag en meld dat hy dit graag sal wil beantwoord wanneer hy weer besoek aflê. Demonstreer ook hoe ’n verkondiger die Redenering-boek kan gebruik om te antwoord wanneer ’n huisbewoner die antwoord wil hê. Voorsitter sluit af deur kommentaar te lewer oor hoe belangrik dit is om belangstelling te probeer wek deur gedagteprikkelende vrae te stel.
Lied 98 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 13 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Sluit bemoedigende kommentare in oor Genootskap se erkenning van bydraes.
10 min: “Jongmense vra . . . Hoe kan ek my vermoë om gesprekke te voer, verbeter?” Bespreking met twee of drie voorbeeldige jongmense, gebaseer op Ontwaak! van 22 Mei 1989, bladsye 23-5. Beklemtoon maniere waarop gesprekke met ouer mense en mense in die veldbediening aangeknoop kan word, ’n Kort demonstrasie kan gegee word om wenke in hierdie verband toe te lig.
15 min: “Bied die goeie nuus aan—Deur mekaar te help om Bybelstudies te begin.” Vrae en antwoorde. Sluit twee demonstrasies in van hoe Bybelstudies tydens die eerste besoek aangebied word deur voorbeelde te gebruik onder “Tuisbybelstudie” op bladsy 12 van die Redenering-boek. 10 min: “Reageer jy op God se regverdige weë?” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring, 1 Maart 1989, bladsye 27-9, paragrawe 13-23, wat beklemtoon hoe belangrik dit is om positief en vasbeslote te wees om ’n volle aandeel in die predikings- en dissipelmaakwerk te hê ten spyte van toenemende goddeloosheid en ongeregtigheid.
Lied 213 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 20 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Demonstreer gepaste aanbiedings van jongste tydskrifte.
15 min: Geesdrittige toespraak deur bekwame ouere man oor die onderwerp “Beplan vooruit”. Toespraak is gebaseer op Die Wagtoring van 15 Desember 1978, bladsye 17-18, onder tussenhofle “Moenie dat jou aandag afgetrek word nie!” Beklemtoon beplanning vir die regte dinge en nie ‘beplanning vooruit vir die begeertes van die vlees nie’.—Rom. 13:14, NW.
20 min: “Beplan vooruit vir hulppionierdiens.” Vraag-en-antwoorddekking. Sluit by paragraaf 5 onderhoud met een of twee in wat van die wenke in die artikel toegepas net. Demonstreer hoe ervare pionier ’n ywerige verkondiger kan help om ’n persoonlike rooster vir pionierdiens op te stel.
Lied 123 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 27 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus. Meld velddiensreëlings vir hierdie naweek en moedig almal aan om deel te neem.
20 min: “Help jongmense om by die streekbyeenkoms baat te vind.” Vrae en antwoorde. Gebruik laaste agt minute om sleutelgedagtes met ’n groep van drie of vier voorbeeldige jongmense te bespreek. Hoe het hulle by streekbyeenkomsprogramme baat gevind? Hoe het hulle ouers en ander hulle gehelp om daarby baat te vind? Wat doen hulle om te verhoed dat hulle aandag gedurende byeenkomssessies afgetrek word? Wat het hulle die meeste by byeenkomste geniet?
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op die artikel “Jy kan berge versit!” in Die Wagtoring, 15 Desember 1988, bladsye 25-7. Lied 129 en slotgebed.