Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/89 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 OKTOBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 30 OKTOBER
Ons Koninkryksbediening—1989
km 10/89 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 OKTOBER

Lied 1

8 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek velddiensreëlings vir openbare vakansiedag op 10 Oktober.

15 min: “Loof Jah deur intekeninge te verkry.” Vraag-en-antwoordbespreking. Demonstreer gebruik van ‘Onderwerp vir gesprekke’ en sluit wenk in paragraaf 5 in.

12 min: “Wat is jou prioriteite?” Vrae en antwoorde. Lees sleutelparagrawe. Slaan verwysings na en lees gepaste uittreksels.

10 min: Hoe ons intekeninge sal verkry. Twee Gemeentelike Boekstudiehouers bespreek hoe hulle verkondigers in hulle onderskeie groepe sal aanmoedig om ’n volle aandeel in die verkryging van intekeninge te hê. Bespreek geleenthede vir individuele verkondigers in verskeie lewensituasies. Kan een of twee kort, plaaslike ondervindinge vertel.

Lied 5 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 OKTOBER

Lied 9

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Stel gemeente in kennis van Genootskap se erkenning van bydraes. Spreek waardering uit vir geldelike ondersteuning van plaaslike gemeente. Spoor alle verkondigers aan om hierdie naweek aan velddiens deel te neem. Stel gesprekspunte uit jongste tydskrifte voor wat gebruik kan word wanneer intekeninge of individuele nommers van Ontwaak! of Die Wagtoring aangebied word.

25 min: “Maak die voltydse diens jou loopbaan.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel, gevolg deur onderhoud met voltydse bedienaars wat kan vertel hoe hulle aangespoor is om die voltydse diens hulle loopbaan te maak. Watter seëninge het hulle geniet? Waarom sou hulle ander aanspoor om die voltydse bediening hulle loopbaan te maak?

10 min: Meld hoeveel intekeninge tot dusver ontvang is en vertel gekose ondervindinge.

Lied 17 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 OKTOBER

Lied 40

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese Nuus.

15 min: “Bied die goeie nuus aan—met tydskrifte.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat goed voorbereide verkondiger, na bespreking van paragraaf 5, drie tydskrifaanbiedings van 30 tot 60 sekondes elk doen. Elke aanbieding moet by ’n ander huisbewoner met ander omstandighede gedoen word. Die verkondiger moet demonstreer hoe hy met die tydskrifte vertroud is en hom aanpas deur gedagtes te gebruik wat by die huisbewoner se omstandighede pas.

20 min: “Jy word uitgenooi na die ‘Godvrugtige Toegewydheid’-Streekbyeenkoms vir 1989!” Sekretaris sal ’n vraag-en-antwoordbespreking van paragrawe 1-12 hou en kortliks “Herinneringe in verband met die streekbyeenkoms” hersien. Tydens bespreking van liedere wat by byeenkoms gebruik gaan word, moet elke gesin hartlik aangespoor word om liedere vooraf te oefen deur die Genootskap se bande te gebruik. Wanneer paragraaf 12 bespreek word, moet broers daaraan herinner word dat hulle nie voor die tyd moet uitstorm om vir nuwe publikasies of voedsel te gaan toustaan nie.

Lied 51 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 OKTOBER

Lied 69

10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om hierdie naweek velddiens te doen. Demonstreer twee aanbiedings van 30 tot 60 sekondes met die jongste tydskrifte.

20 min: Vraag-en-antwoordbespreking van “Gesinsamewerking bring voordele mee.” Moet behartig word deur ’n ouere man wat ’n gesinshoof is.

15 min: Toespraak oor “Is jy altyd laat?” gebaseer op bladsye 21-3 van Ontwaak! van 8 Junie 1989.

Lied 73 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 30 OKTOBER

Lied 52

5 min: Plaaslike aankondigings.

10 min: Verkondig die Woord gedurende November. Toespraak wat volle deelname aan velddiens gedurende November aanmoedig. Help opregtes van hart om te sien hoe die Gesinslewe-boek hulle kan help om die beginsels van God se Woord in hulle gesinne toe te pas. Saam met hierdie boek sal ons die Onsigbare geeste-boekie aanbied. Sluit af met kort demonstrasie oor hoe hierdie lektuuraanbod in julle plaaslike gebied gedoen kan word deur die nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ te gebruik.

20 min: “Jy word uitgenooi na die ‘Godvrugtige Toegewydheid’-Streekbyeenkoms vir 1989!” Presiderende opsiener bespreek paragrawe 13-28 met gemeente. Beklemtoon individue en ouers se verantwoordelikheid om te sorg dat daar nie rede vir ongunstige kritiek op Jehovah se volk is nie. Almal moet daarin belangstel om twyfelagtige gedrag te vermy wat die goeie reputasie van Jehovah se volk kan skend en oneer op sy naam kan bring. Vra bekwame broer om paragraaf 15 te lees. Spoor gesinshoofde ten slotte aan om raad in byvoegsel ’n dag of twee voor die byeenkoms met gesin te hersien.

10 min: Plaaslike behoeftes of aanmoedigende toespraak gebaseer op “Waarom moet ons God vrees en nie mense nie?” op bladsye 4-7 van Die Wagtoring van 1 Junie 1989. Pas materiaal by gemeente se behoeftes aan. Lied 57 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel