Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Junie: Is die Bybel werklik die Woord van God?, Goeie nuus—om jou gelukkig te maak en Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut teen ’n bydrae van R2,00 elk. (Engels: True Peace and Security—How Can You Find It? teen ’n bydrae van R2,00.) Julie en Augustus: Is die Bybel werklik die Woord van God? en “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van Rl,60. Vir krediet moet ouere manne riglyne in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 raadpleeg. (Engels: Enige van die volgende brosjures van tydskrif grootte teen ’n bydrae van 60c: Enjoy Life on Earth Forever!, The Government That Will Bring Paradise, “Look! I Am Making All Things New”, of The Divine Name That Will Endure Forever.) September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R6,00. Klein uitgawes is R3,00.
• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Junie, of so gou moontlik daarna ouditeer.
• Gemeentes word daaraan herinner dat hulle gratis eksemplare van die Yearbook en Ondersoek die Skrif elke dag slegs vir pioniers in hulle eie gemeente, en nie vir pioniers in naburige gemeentes nie, moet bestel. As ’n gemeente ’n nadelige saldo op sy lektuurrekening het, kan sulke gratis items steeds vir sy pioniers bestel word.
• Gemeentes wat defekte plate of kassetbande aan die Genootskap terugstuur, word aangemoedig om te sê presies wat daarmee verkeerd is, aangesien baie tyd verspil word om plate en bande vir defekte na te gaan.
• Die Sendingreisfonds is nou gesluit. Baie dankie vir julle ondersteuning. Dui aan dat bydraes aan die Genootskap vir die Koninkrykswerk bedoel is.
• Aan presiderende opsieners: Ons nooi julle om enige uitsonderlike ondervindinge in te stuur wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het. Ons wil die beste uit ons veld vir die jaarverslag kies. Moet dit asseblief nie later as 1 Julie 1989 instuur nie.
• Gewone en hulppioniers word uitgenooi om ’n poging aan te wend om hulself beskikbaar te stel om gedurende die afgesonderdegebied-kampanje in vergeleë gebiede te werk. As hulle motorgroepe kan vorm, moet hulle aan die Genootskap skryf en besonderhede verskaf. Die Dienskomitee moet hulle aansoek onderteken.
• STREEKBYEENKOMSTE: 15-17 Desember: ’n Bykomende byeenkoms sal in Johannesburg gehou word. Die Tswana-byeenkoms sal nou in Mafikeng gehou word. 24-26 Desember: Die Sepedi-byeenkoms sal nou die daaropvolgende naweek in Pretoria gehou word. 30 Desember-1 Januarie: Die Pretoria-byeenkoms sal programme in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho/Zulu en Sepedi insluit.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Watch Tower Publications Index 1950-1985—Grieks
“Kyk, Ek maak alles nuut” (Brosjure)—Kwangali
• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
My Book of Bible Stories (stel van vier kassette; gemeente en publiek: R22,00; pioniers: R17,00)—Engels
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
Geluk—Hoe om dit te vind—Afrikaans