Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 3 APRIL
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings in Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon sleutelgedagtes in “Berei voor vir die Skriftelike Hersiening.” Spoor almal aan om jongste tydskrifte Saterdag aan te bied en sodoende die kragtige boodskap teen Babilon die Grote bekend te maak. Toon die treffende voorblaaie van nommers wat aangebied kan word en lewer kortliks kommentaar oor inhoud. Kondig reëlings aan vir groepgetuieniswerk op Sondag.
15 min: “Help opregtes van hart om uit Babilon die Grote te vlug.” Vraag-en-antwoorddekking deur diensopsiener.
20 min: Help nuwelinge sowel as onbedrywiges. Ouere man bespreek belangrikheid daarvan om onbedrywiges en ander wat bemoediging nodig het te help. Wat kan die gemeente doen om te help? Beklemtoon hoe belangrik dit is dat almal ten nouste saamwerk om onbedrywiges aan te moedig en ander te versterk (Hebr. 6: 1-3). Noodsaaklik as ons ‘ons bediening ten volle wil volbring’ (2 Tim. 4:5, vgl. NW). Toon hoe hulp deur die Gemeentelike Boekstudie verleen kan word. Gaan Index na vir praktiese wenke wat plaaslik van toepassing is.
Lied 20 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 10 APRIL
8 min: Heet almal hartlik welkom by vergadering. Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Lewer kortliks kommentaar oor jongste tydskrifte wat Saterdag aangebied gaan word.
23 min: “Gee noukeurig aandag aan persoonlike organisasie.” Ouere man moet materiaal in byvoegsel dek deur gehoorbespreking. Hy moet praktiese vrae stel wat antwoorde sal uitlok oor hoe die broers die wenke kan gebruik om hulle persoonlike organisasie te verbeter. Vra ook om kommentare oor wat hulle doen om hulle tyd doeltreffend te gebruik.
14 min: “Gebruik jou verweermiddele ten volle.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Toon hoe dit in gemeente toegepas word.
Lied 136 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 17 APRIL
12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek “Intekeninge”. Demonstreer twee gepaste, kort tydskrifaanbiedings wat verkondigers Saterdag kan gebruik.
15 min: Versterk ons geloof. Bespreek met gehoor wêreldwye uitbreiding en ondervindinge uit 1989 se jaarboek wat geloof van plaaslike gemeente in die besonder sal versterk. Kyk bladsye 11-13, 42, 43, 47, 49, 52,53, 82, 83, 121, 122,127-129 vir voorbeelde.
18 min: “Verlewendig jou ywer deur wenke in Die Wagtoring toe te pas.” Vraag-en-antwoordbespreking. Hersien, wanneer paragrawe 4-6 bespreek word, wenke op bladsye 16-20 van Die Wagtoring van 15 Julie 1988. Kies en beklemtoon een of twee gedagtes wat in Die Wagtoring-artikel gemeld is, wat in plaaslike gebied baie nuttig sal wees. Demonstreer hoe ’n wenk toegepas word wat in die tydskrif gegee is.
Lied 64 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 24 APRIL
10 min. Plaaslike aankondigings. Demonstreer kort aanbieding van jongste tydskrifte wat hierdie week aangebied word. Gebruik in elke nommer artikels wat plaaslik die meeste byval sal vind. Moedig deelname aan velddiens gedurende naweek aan.
20 min: “Bied die goeie nuus aan —deur die Redenering-boek ten volle te gebruik.” Vrae en antwoorde. Demonstreer inleiding wat in paragraaf 3 gegee word en wenk om potensiële gesprekdemper wat in paragraaf 4 gemeld word te bowe te kom.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak oor “Waarom moet ons God vrees?” gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 Januarie 1989, bladsye 29, 30.
Lied 193 en slotgebed.