Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/89 bl. 1-7
  • Help opregtes van hart om uit Babilon die Grote te vlug

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help opregtes van hart om uit Babilon die Grote te vlug
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HELP NUWELINGE
  • VOLDOEN AAN DIE VEREISTES
  • April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Lei nuwelinge op om verkondigers te wees
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Babilon die Grote—geval en geoordeel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Help nuwe verkondigers
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 4/89 bl. 1-7

Help opregtes van hart om uit Babilon die Grote te vlug

1 Die kragtige waarskuwing wat in Openbaring 18:4 opgeteken is, het met die oog op ons tye dringender geword. Enige twyfel oor die ware identiteit van Babilon die Grote is uit die weg geruim. Sy is duidelik aan die kaak gestel as die wêreldryk van valse godsdiens wat deur Satan gebruik word om teen die saad van God se “vrou” te veg.

2 As ’n mens in haar bly, het hy deel aan haar sondes. Maar meer word vereis as om bloot valse godsdiens te verlaat. Niemand kan onverskillig teenoor ware aanbidding bly en nogtans verwag om seëninge van Jehovah te ontvang nie. Diegene wat uit Babilon vlug, moet God se Woord bestudeer, die goeie nuus verkondig en toegewyde en gedoopte knegte van God word.

3 Besef almal wat die Gedenkmaal op 22 Maart bygewoon het hoe dringend dit is om uit Babilon te kom en volkome toegewyde knegte van Jehovah te word? Ons moet enigiemand wat besluiteloos is, help om hulle standpunt vir Jehovah in te neem (Jak. 1:8, NW; 4:8, NW). Wend ’n spesiale poging aan om die kragtige nommers van Die Wagtoring van April en Mei in hulle hande te kry. Help hulle om te besef dat dit nou dringend is dat hulle hul standpunt inneem, omdat daar min tyd oor is.​—Matt. 12:30.

HELP NUWELINGE

4 Aangesien die Gedenkmaalviering vars in ons geheue is, is April ’n logiese tyd om nuwelinge te help besef dat deelname aan die velddiens ’n uitstekende manier is om te toon dat hulle Jesus se offerande tereg waardeer. Ja, dit is ’n noodsaaklike manier waarop ons toon hoeveel ons waardeer wat Jehovah en sy Seun, Jesus, vir ons gedoen het!

5 Hou jy tuisbybelstudies met die doel om studente vir die velddiens voor te berei? Hulle het progressiewe hulp en bemoediging nodig sodat hulle waardering vir hierdie Christelike verantwoordelikheid kan opbou. Verduidelik aan jou studente waarom velddiens belangrik is, en demonstreer hoe dit gedoen word. Jy sal die Uitvoering van God se wil-brosjure in hierdie verband nuttig vind.

VOLDOEN AAN DIE VEREISTES

6 Wanneer ’n Bybelstudent genoeg vordering gemaak het en ’n begeerte toon om te help met die vervulling van Mattheüs 24:14 sal dit nuttig wees om bladsye 98 en 99 van Ons bediening-boek te hersien. Hy moet bekwaam wees om ‘die woord van die waarheid reg te sny’ (2 Tim. 2:15). Moet hom nie uitnooi om vir die eerste keer saam met jou in die velddiens uit te gaan totdat die ouere manne sy deelname goedgekeur het nie. As dit vir jou lyk of hy aan die skriftuurlike en organisatoriese vereistes voldoen, kan jy die presiderende opsiener van sy vordering in kennis stel. As die ouere manne in April met een van jou Bybelstudente vergader en hulle sy deelname aan die velddiens goedkeur, kan jy hom leer om ’n intekening op Die Wagtoring aan te bied en hom begin oplei in die bediening van huis tot huis.​—Kyk Die Wagtoring van 15 November 1988, bladsye 16, 17, paragrawe 7-10.

7 Babilon die Grote stuur op algehele vernietiging af! Voor dit gebeur, moet ons opregtes van hart help om uit haar kloue te ontsnap en in Jehovah se organisasie te kom. Miljoene is reeds gehelp om dit te doen. As dit Jehovah se wil is, kan nog baie gehelp word om uit Babilon te vlug terwyl hy ons ywerige poging seën om opregtes van hart in ons gebied te vind en na hulle om te sien.​—Jer. 50:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel