Vergaderinge om ons te help dissipels maak
LET WEL: Ons Koninkryksbediening sal nie ’n Diensvergadering vir die week wat begin met 26 Desember aangee nie, wat dus ’n oop week laat om die “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkoms by te woon. Die Diensvergadering vir die week wat begin met 9 Januarie 1989 sal 10 minute vir plaaslike aankondigings en 35 minute vir ’n hersiening van die byeenkoms se programhoogtepunte aangee. Die gemeentes wat vroeër byeenkomste het, sal hulle roosters aanpas en die Diensvergaderingprogram ooreenkomstig inpas. So sal al die materiaal in Ons Koninkryksbediening vir Desember gedek word. Die hersiening van elke dag van die byeenkomsprogram kan vooraf aan twee of drie bekwame broers aangewys word. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die aandag vestig op sleutelgedagtes vir persoonlike toepassing en gebruik in die veld. Enige ondervindinge of kommentare van die gehoor moet kort en saaklik wees.
WEEK WAT BEGIN MET 5 DESEMBER
8 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Sluit kommentare in oor tydskrifte vir Desember wat vakansiefeesvierings bespreek. Herinner broers aan tydskrifwerk op tweede Saterdag van die maand.
17 min: “Bied die goeie nuus aan—In sakegebied.” Vraag-en-antwoordbespreking, verkieslik deur diensopsiener, wat gemeente aanmoedig om groter deelname daaraan te hê om sakemense in gebied te bereik. Laat ervare verkondigers demonstreer wat hulle kan sê wanneer winkeliers genader word.
20 min: “Verenig in die uitvoering van Jehovah se wil.” Bespreking tussen ouere man en bedieningskneg. Demonstreer aanbod soos paragrawe 3 en 4 meld, een aanbieding van huis tot huis, die ander in informele getuieniswerk. Herinner verkondigers wanneer paragraaf 6 bespreek word om hulle velddiens vir Desember te rapporteer as hulle teen die einde van die maand weg sal wees.
Lied 224 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 12 DESEMBER
12 mln: Plaaslike aankondigings. Sluit rekeningverslag in saam met Genootskap se erkenning van gemeente se bydraes. Lewer kortliks kommentaar oor “Berei goed voor vir Gemeentelike Boekstudie”.
17 min: “Dit is die weg.” Vraag-en-antwoorddekking. Sluit een of twee kort demonstrasies in wat toon hoe belangstellendes na die organisasie gerig kan word deur Uitvoering van God se wil-brosjure te gebruik.
16 min: “Die Teokratiese Bedieningskool is voordelig.” Toespraak deur skoolopsiener wat voordele beklemtoon en op aanpassings vir komende jaar wys. Meld hoeveel studente daar is en moedig diegene aan wat nog nie studente is nie om in te skryf.
Lied 118 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 19 DESEMBER
12 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig deelname aan tydskrifwerk op vierde Saterdag aan. Meld reëlings vir vakansiegetuieniswerk. Demonstreer kortliks een of twee gepaste inleidings.
18 min: “Skenk voortdurend aandag aan jou leer.” Diensopsiener bespreek praktiese gedagtes uit artikel in Die Wagtoring van 15 Julie 1988. Beklemtoon gebruik van Redenering-boek om inleidings te verbeter, soos bladsye 16 en 17 van artikel meld.
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak oor “Onthou Christelike beginsels” uit Die Wagtoring van 1 Oktober 1988, bladsye 26-29.
Lied 42 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 26 DESEMBER
Geen Diensvergadering word vir hierdie week gereël nie om voorsiening te maak vir ’n oop week sodat die “Goddelike Geregtigheid”—Streekbyeenkoms bygewoon kan word.—Kyk aantekening hierbo.