Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/88 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 4 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 11 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 18 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 25 JULIE
Ons Koninkryksbediening—1988
km 7/88 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 4 JULIE

Lied 63

10 min: Plaaslike aankondigings, Teokratiese nuus en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor deelname aan velddiens gedurende die naweek aan.

15 min: “Spreek God se Woord met vrymoedigheid.” Toespraak en gehoorbespreking. Sluit demonstrasie in van hoe die aanbod vir Julie gedoen kan word wanneer paragraaf 7 bespreek word.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—In groepgetuieniswerk.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Beklemtoon die voordele van groepreëlings vir velddiens en die belangrikheid daarvan om tyd ten beste te benut deur weldeurdagte reëlings vir velddiens.

Lied 43 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 11 JULIE

Lied 76

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Doen gesprekpunte aan die hand vir aanbieding van jongste nommers van tydskrifte.

15 min: “Help nuwelinge om by vergaderinge kommentaar te lewer.” Vraag-en-antwoorddekking van artikel. Sluit kort demonstrasie in wat toon hoe om inligting in paragraaf 3 aan die einde van ’n tuisbybelstudie toe te pas.

20 min: “Het jy die pioniergees?” Vraag-en-antwoorddekking. Voer onderhoud met sommige pioniers of ander wat pionierdiens gedoen het, en vind by hulle uit wat hulle aangespoor het om pioniers te word.

Lied 19 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 18 JULIE

Lied 191

15 min: Plaaslike aankondigings en ontoegekende gebied. Hersien resultate wat tot dusver behaal is. Bespreek een of twee ondervindinge. Tref jy voorbereidings vir die volgende reëling? Meld reëlings vir volgende besoek aan ontoegekende gebied.

15 min: Moet Christene die Sabbat hou? Gehoorbespreking wat gebaseer is op Redenering uit die Skrif, bladsye 357-364.

(3 min.) Kort inleidende toespraak wat definisie op bladsy 357 gebruik. Sluit aanhaling op bladsy 358 in wat verduidelik hoe Sondag die vernaamste dag vir aanbidding vir ’n groot deel van die Christendom geword het.

(12 min.) Gehoorbespreking van gekose gedagtes uit Redenering-boek. Verduidelik aan die hand van die Skrif dat Christene nie verplig is om weeklikse Sabbat te hou nie (Ex. 31:16,17). Maar daar is ’n sabbatsrus vir Christene (Hebr. 4:9, 10). Beklemtoon hoe ons kan redeneer as iemand vra: ‘Waarom hou julle nie die Sabbat nie?’

15 min: Toespraak oor “Hoe jy ’n suksesvolle ouer kan wees” uit Die Wagtoring van 1 Mei 1988, bladsye 3-6.

Lied 164 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 25 JULIE

Lied 86

15 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek ook inligting in “Verrig heilige diens met godvrugtige vrees”. Beklemtoon hoe belangrik dit is om die kringbyeenkomsprogram wat in September sal begin by te woon.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of hersiening van bemoediging en raad wat deur kringopsiener met sy onlangse besoek gegee is. Bykomende raad deur plaaslike ouere manne kan ingesluit word.

15 min: “Gebruik spesiale artikels op doeltreffende wyse.” Bespreek inligting met gehoor. Verkondigers en pioniers moet let op sulke aankondigings en ekstra tydskrifte onmiddellik na gelang van die behoefte bestel.

Lied 208 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel