Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/88 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 30 MEI
Ons Koninkryksbediening—1988
km 5/88 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 MEI

Lied 186

10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Met vreugde.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Reël, in verband met paragraaf 3, ’n demonstrasie waartydens ryp verkondiger minder bedrewe verkondiger help om aanbieding met behulp van ‘Onderwerp vir gesprekke’ en Redenering-boek voor te berei.

15 min: “Wees ywerig vir rein aanbidding.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Wanneer paragrawe 3 en 4 bespreek word, moet huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ met lektuuraanbod gedemonstreer word.

Lied 16 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 MEI

Lied 23

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Spreek waardering uit vir gemeente se finansiële ondersteuning. Lees Genootskap se erkenning van enige bydraes wat hulle ontvang het. Spoor almal aan om op tweede Saterdag van die maand aan velddiens deel te neem. Reël ’n demonstrasie van 30 tot 60 sekondes oor hoe jongste tydskrifte aangebied kan word.

20 min: “Leer studente hoe om die Bybel te gebruik.” Gehoorbespreking. Nadat paragraaf 3 bespreek is, moet ’n kort demonstrasie gehou word waartydens ’n verkondiger ’n Bybelstudent help om tekste te vind. Meld lys van Bybelboeke en verduidelik hoe om hulle na te slaan. Wys hom waar die Hebreeuse en Griekse Skrifte begin en eindig en hoe Bybelboeke in hoofstukke en verse verdeel is. Wys waar Genesis en Openbaring, sowel as die boek Psalms, gevind kan word. Verduidelik, wanneer paragraaf 5 bespreek word, hoe “Bible Words Indexed” gebruik kan word.

15 min: “Is jou gawe ’n opoffering?” Toespraak deur ouere man, gebaseer op bladsye 28-31 van Die Wagtoring van 1 Desember 1987.

Lied 118 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 MEI

Lied 139

10 min: Plaaslike aankondigings en bespreking van Vraebus.

20 min: “Help kinders om groter voordeel uit vergaderinge te trek.” Vraag-en-antwoorddekking van artikel. Reël ’n onderhoud met kinders. Wat het hulle tydens die vergaderinge of hulle persoonlike studie geleer? Watter ondervindinge het hulle in die veld gehad? Toon die waarde daarvan om kinders na die vergaderinge te bring, met hulle te studeer en saam met hulle in die veld te werk.

15 min: “Die Teokratiese Bedieningskoolbiblioteek.” Teokratiese Bedieningskoolopsiener bespreek artikel met gehoor en pas informasie toe op plaaslike gemeente se omstandighede.

Lied 183 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 MEI

Lied 30

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek gesprekpunte in jongste tydskrifte. Bied twee goed voorbereide demonstrasies van 30 tot 60 sekondes aan, die eerste met Die Wagtoring en die tweede met Ontwaak! Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifgetuieniswerk deel te neem.

15 min: Toespraak oor “’n Les in vergewensgesindheid”, bladsye 8 en 9 in Die Wagtoring van 1 Maart 1988. Pas plaaslik toe.

20 min: Ontoegekendegebied-kampanje vir 1988. Bespreek brief van 1 Mei 1988, en skets reëlings vir gemeente om in ontoegekende gebied te werk. Of, bespreek plaaslike behoeftes.

Lied 31 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 30 MEI

Lied 65

10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings in Ons Koninkryksbediening.

15 min: Godsdiensonderrig. Ons Koninkryksbediening vir November 1987 en Januarie 1988 het ouers aangemoedig om, indien hulle dit nog nie gedoen het nie, te versoek dat hulle kinders van godsdiensonderrigklasse vrygestel word. Luidens berig laat party ouers hulle kinders steeds toe om hierdie klasse by te woon. In sommige gebiede skep dit probleme weens die gebrek aan eenvormigheid. Bespreek paragraaf onder “Godsdiens en gebed” op bladsy 26 van Skool-brosjure. Die Nasionale Onderwysbeleidswet Nr. 39 van 1967 sê ten dele dat die ‘godsdiensoortuiging van die ouers en skoliere gerespekteer sal word wat godsdiensonderrig betref.’ (Kyk byvoegsel tot Koninkryksbediening vir April 1972.) Spoor ouers hartlik aan om hierdie voorsiening te benut.

20 min: Lektuuraanbod vir Junie en Julie. Ywerige Gemeentelike Boekstudiehouer bespreek aanbod met gehoor, doen praktiese gesprekpunte vir plaaslike gebied aan die hand en gebruik vyf minute om te demonstreer hoe aanbod by Junie se voorgestelde ‘Onderwerp vir gesprekke’ ingeskakel kan word.

Lied 68 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel