Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/88 bl. 3
  • Sit tyd opsy vir teokratiese voorsienings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sit tyd opsy vir teokratiese voorsienings
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT HY GEREËL HET
  • HELP ONS KINDERS EN ANDER
  • Is jy tevrede met Jehovah se geestelike voorsienings?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Laat elkeen in verhouding tot sy inspanning maai
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Opvoeding—Gebruik dit om Jehovah te loof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 4/88 bl. 3

Sit tyd opsy vir teokratiese voorsienings

1 Jehovah is baie vrygewig in die vervulling van sy beloftes om vandag goddelike wysheid aan sy knegte te voorsien (Jes. 55:1; Dan. 12:4; Rom. 11:33; 1 Kor. 2:8-10). Toon ons as individue ons waardering deur tyd opsy te sit om sy program vir onderrigting in die weg van waarheid te benut?

2 Dit vereis ’n bietjie moeite en selfbeheersing van ons kant om gehaltetyd opsy te sit vir persoonlike studie en voorbereiding vir vergaderinge. Maar voel ons nie verkwik, ja, ryklik beloon, as ons elke week die nodige tyd vir teokratiese onderrig uitkoop nie? (Ef. 5:15-17). Wat is sommige van die wonderlike voorsienings wat Jehovah gemaak het om ons te onderrig?

WAT HY GEREËL HET

3 Allereers het ons die Bybel as ons hoofleerboek. ’n Goeie Skriflesingsprogram is vir elke week gereël. Hou ons tred daarmee? Is dit nodig dat ons op ons persoonlike rooster tyd hiervoor opsysit?

4 Is enigiets anders nodig, of is dit genoeg om die Bybel te lees? (Jak. 1: 5, 6). Ons het ook die sigbare organisasie nodig wat Jehovah gebruik om ons gereeld van ’n oorvloed van geestelike voedsel te voorsien. Hierdie geestelike “voedsel op tyd” word voorsien in die vorm van Bybelse publikasies, reëlings vir gemeentelike vergaderinge en kring- en streekbyeenkomste.​—Matt. 24:45.

5 Nog ’n voorsiening van Jehovah vir teokratiese onderrig is die van liefdevolle herders (Hand. 20:28). Wanneer hulle ons besoek, het ouere manne moontlik spesifieke inligting wat hulle met ons wil bespreek. Is ons wakker om die raad wat hulle gee gou toe te pas? Pligsgetroue opsieners studeer ywerig om met die organisasie tred te hou (2 Tim. 2:15). Hulle besef dat hulle ’n ernstige verantwoordelikheid voor Jehovah het om die kudde te voed en te beskerm. Ons almal kan baat vind by hulle ondervinding en die tyd wat hulle ten behoewe van ons bestee.

HELP ONS KINDERS EN ANDER

6 Die onderrig van ons kinders in die waarheid is ’n uiters belangrike aspek van ons teokratiese onderrig. Christenouers beskou dit nie as opsioneel vir hulle kinders nie. Dit is baie belangrik dat “tug en vermaning” bekwaam voorsien word (Ef. 6:4). Dit beteken dikwels die verskil tussen groei tot geestelike rypheid of die algehele versaking van waarheid. Tyd is nodig vir hierdie onderrig. Daar is geen plaasvervanger nie.

7 Nuwelinge kan gehelp word om die waarde te waardeer van die tyd wat hulle vir hulle weeklikse Bybelstudie opsysit. Ons moet hulle aanspoor om goed voor te berei vir elke studie. Ons wil hê dat hulle uit die staanspoor deeglik “onderrig ontvang in die woord” (Gal. 6:6, NAV). As ons ons deel doen om hulle te onderrig, sal dit nie lank wees voordat hulle ywerig saam met ons aan die evangelisasiewerk deelneem nie. Teokratiese onderrig hou nie op wanneer hulle “die grondwaarhede” leer nie (Hebr. 5:12-6:3, vgl. NAV). Ons wil hulle help om ‘tot rypheid voort te gaan’ (NW). Dit verg tyd.

8 Hierdie is slegs ’n paar van Jehovah se voorsienings om ons die nodige onderrig te gee. Ander voorsienings is die kringopsiener se besoek, die Pionierdiensskool en die Koninkryksbedieningskool.

9 Alle dank gaan aan Jehovah vir die voorsiening van die enigste onderrig wat ons deur hierdie laaste dae sal beskerm en rig. Mag ons ons voorneem om tyd opsy te sit om die teokratiese voorsienings wat ons Grootse Onderrigter vir ons gemaak het ten volle te benut. As ons dit doen, kan ons daarvan seker wees dat ons sal aanhou om vooruitgang te maak op die weg tot die ewige lewe.​—Jes. 30:20, 21, vgl. NW; Filip. 3:13-16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel