Teokratiese Nuus
♦ Argentinië berig hoogtepunte van 66 882 verkondigers en 86 637 Bybelstudies vir Julie. Gedurende die afgelope kampanje van drie maande is 26 685 intekeninge verkry.
♦ Japan het nog ’n verkondigerhoogtepunt vir Junie gerapporteer—119 498. Die verkondigers maak goed gebruik van die “Kyk” brosjure, sodat die aantal Bybelstudies met ongeveer 3 000 in een maand vermeerder het. Hulle rapporteer 166 277 Bybelstudies.
♦ Gedurende Julie en Augustus het die volgende gemeentes Koninkryksale toegewy: Ongwediva (S.W.A.), Seeisoville (Kroonstad), Mdantsane (Oos-Londen) en Kanana (Orkney). Hierdie goed opgerigte sale voorsien in ’n dringende behoefte aan geskikte vergaderplekke.