Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/87 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 AUGUSTUS
Ons Koninkryksbediening—1987
km 8/87 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 AUGUSTUS

Lied 26

12 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om op tweede Saterdag van Augustus aan tydskrifgetuieniswerk deel te neem. Stel gepaste aanbiedings vir jongste tydskrifte voor. Bespreek ook wat gedurende Julie in ontoegekende gebied verrig is en wat gemeente beplan om gedurende Augustus en September te doen. Herinner gemeente daaraan om aktiwiteit in ontoegekende gebied noukeurig aan te teken.

18 min: “Doen die werk van ’n evangelis.” Vraag-en-antwoordbespreking. Spoor broers aan om akkurate huis-tot-huisverslag te hou van lektuur wat gelaat is en belangstelling wat getoon is. Die doel daarvan is om terug te gaan en om studies te probeer begin. Herinner broers aan goeie resultate toe brosjures verlede Augustus aangebied is. Demonstreer kortliks voorgestelde aanbieding van elke brosjure wanneer ooreenstemmende paragrawe bespreek word. Herinner verkondigers daaraan dat brosjures wat by mense gelaat word as boekies gerapporteer moet word.

15 min: “Wat is jou geestelike doelwitte vir die toekoms?” Toespraak deur ouere man gebaseer op tussenhofie wat op bladsy 116 van Ons bediening-boek begin. Dit moet op ’n hartlike, bemoedigende manier aangebied word.

Lied 51 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 AUGUSTUS

Lied 37

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Spoor almal aan om hierdie naweek aan velddiens deel te neem.

25 min: “Gebruik die Index om geestelik te groei.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel, gevolg deur demonstrasie van nuweling wat ervare broer nader en vra hoe om die algemene beswaar “Ek is besig”, te oorbrug. Ervare broer dek gedeelte “Hoe om inligting te vind” wat op bladsy 5 van Index begin. Verwys na bladsye 7 en 8. Om antwoord te vind, blaai hulle na hoofopskrif “Field Ministry” en kyk onder “objections” op bladsy 309. Hulle kyk met die kolom af tot by “busy”. Lewer kortliks kommentaar oor gedagtes in Redenering-boek., bladsye 19 en 20, en op bladsy 3 van Ons Koninkryksbediening vir Mei 1985.

10 min: “Nuwe kringbyeenkomsprogram.” Entoesiastiese toespraak oor nuwe kringbyeenkomsprogram wat in September begin.

Lied 203 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 AUGUSTUS

Lied 127

10 min: Plaaslike aankondigings en bespreking van die dagteks. Spoor gesinsdeelname aan tydskrifwerk op vierde Saterdag aan.

20 min: “Bekwame gebruik van die Uitvoering van God se wil-brosjure.” Vraag-en-antwoorddekking. Reël twee demonstrasies deur bekwame verkondigers wat materiaal met ’n Bybelstudent bespreek. Gebruik “Vergaderinge om tot liefde en goeie werke aan te spoor” in eerste demonstrasie en “Vervolg ter wille van die geregtigheid” in die tweede demonstrasie. Spoor almal aan om ’n voorraad van die brosjure te kry as die gemeente dit in voorraad het.

15 min: “Help jou kind om toe te neem in goddelike wysheid.” Ouere man bespreek artikel in Wagtoring van 15 Februarie 1987 met ’n egpaar en ’n enkelouer. Pas plaaslik toe.

Lied 10 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 AUGUSTUS

Lied 130

10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese Nuus. September laaste maand van ontoegekende gebied. Spoor gemeente hartlik aan om volle ondersteuning te gee aan reëlings om gedurende September in ontoegekende gebied te werk.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Deur goeie onderrigmetodes.” Vraag-en-antwoordbespreking. Beklemtoon die noodsaaklikheid om te onderrig wanneer die goeie nuus verkondig word. Stel vrae voor wat gesprekke met plaaslike huisbewoners sal uitlok wanneer paragraaf 3 bespreek word. Spoor almal aan om te leer hoe om vrae gepas te gebruik, en hoe om spesifleke gedagtes te beklemtoon wanneer tekste gelees word.

15 min: Plaaslike behoeftes of “Christinne—Handhaaf onkreukbaarheid by die werk”. Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Maart 1987.

Lied 134 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel