Bied die Goeie Nuus Aan—Op ’n doeltreffende en ordelike wyse
1 Jesus het sy dissipels beveel: “In watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is” (Matt. 10:11). Vandag volg ons ’n soortgelyke metode, en dit verg groot inspanning en miljoene ure om diegene te soek wat graag wil luister. Hoe kan ons die Koninkryksboodskap wêreldwyd op ’n ordelike wyse aanbied?
2 Gemeentes ontvang gebiedstoewysings van die takkantoor, hetsy in stedelike of in plattelandse gebiede (1 Kor. 14:40). Dit strook met die patroon wat in die eerste-eeuse Christengemeente gevolg is (2 Kor. 10:13; Gal. 2:9). Dit is noodsaaklik om goed afgebakende gebiedstoewysings te hê as daar op ’n doeltreffende en ordelike wyse na die Koninkrykswerk omgesien moet word.
GEBALANSEERDE DEKKING
3 Die diensopsiener het toesig oor al die reëlings wat die dekking van gemeentelike gebied behels. Maar ’n bedieningskneg kan die gebied uitgee. Hy moet die verslae van tyd tot tyd nagaan en gebiede waarin lank nie gewerk is nie, aanteken. Hy sal diegene wat gebied aanvra, meedeel watter gebiede gedek moet word en sal ’n betekenisvolle verslag hou van die werk wat gedoen word. Ons doelwit is om alle gebiede ten minste een keer per jaar te dek. Elke keer wanneer ’n gebied gedek is, moet die persoon aan wie die gebied uitgereik is die broer wat na die gebiedsverslae omsien daarvan in kennis stel.
4 Wat behels dit nog om die gemeente se gebied op ’n doeltreffende en ordelike wyse deeglik te dek? Ons wil soveel mense moontlik bereik. Kan jy die goeie nuus verkondig aan iemand in elke huis in die gebied waarin jy werk? Goeie huis-tot-huisverslae moet gehou word sodat verdere pogings aangewend kan word om te praat met diegene wat by die eerste besoek nie tuis was nie of wat besig was. Sommige in julle gebied sal moontlik per brief, telefoon of op ander maniere, soos straatwerk, bereik moet word. (Kyk kmAF 10/76 bl. 8; kmAF 5/84 bl. 5; kmAF 6/84 bl. 7.) Die diensopsiener en Gemeentelike Boekstudiehouers sal wenke gee in ooreenstemming met plaaslike toestande en individue se omstandighede.
5 Omdat ons opreg daarin belangstel om almal wat in ons gebied woon te help om die Koninkryksboodskap te hoor, moet ons vasbeslote wees om hulle herhaaldelik te besoek en verskillende benaderings saam met die voorgeskrewe lektuur- en tydskrifaanbiedings te gebruik. Wanneer ons belangstelling vind, wil ons teruggaan en dit ontwikkel.
6 Opregte liefde vir Jehovah en vir ons medemens moet ons beweeg om ten nouste saam met die diensopsiener en Gemeentelike Boekstudiehouers te werk sodat ons goed kan omsien na die deel van die veld wat aan ons sorg toevertrou is. Jehovah sal ons opregte poging om die goeie nuus op ’n doeltreffende en ordelike wyse aan te bied, seën.