Bied Die Wagtoring gedurende April aan
1 Toe Die Wagtoring in Julie 1879 verskyn net, is slegs 6 000 eksemplare een maal per maand in net een taal gedruk. Nou, 107 jaar later, word meer as 12 miljoen eksemplare van elke nommer in 103 tale gedruk, waarvan die meeste halfmaandeliks is. Sulke groei getuig van Jehovah se goedkeuring van hierdie instrument wat hy gebruik om die waarheid aangaande sy Koninkryk bekend te maak.
2 Ons is vol vertroue dat jy, hetsy jy Die Wagtoring onlangs begin lees het of dit al baie jare lees, die geestelike voordele wat jy ontvang het, waardeer. Die Wagtoring het vir jou ’n Skriftuurlike hoop gegee. Dit het jou vertroue versterk in die Koninkryk van God as die enigste middel waardeur blywende vrede na ons aarde sal kom. Dit het jou bewus gemaak van die gevare van hierdie swaar tye wat “die laaste dae” kenmerk (2 Tim. 3:1-5). Die Wagtoring het jou gehelp om “bemoediging van die Skrifte” en betroubare leiding wat gegrond is op God se Woord, die Bybel, te ontvang (Rom. 15:4; Ps. 119:105). Word jy nie beweeg om ander te vertel hoe waardevol Die Wagtoring is wanneer jy oor hierdie en ander voordele nadink nie? Gedurende April sal ’n jaarintekening teen ’n bydrae van net R9,00 aangebied word.
WEES POSITIEF IN JOU BENADERING
3 God se wysheid, en nie menseredenasie nie, word in Die Wagtoring benadruk. Almal het vandag sulke wysheid broodnodig. Dit kan mense se lewens verbeter en hulle help om die regte motiewe aan te kweek. Dit is noodsaaklik ten einde te bly “lewe” (Spr. 9: 1-6). As ons hiervan oortuig is, sal dit ons help om die intekening met ’n positiewe gesindheid aan te bied, aangesien ons besef dat ons het wat ander nodig het. Lees elke nommer noukeurig deur om punte te kry wat huisbewoners volgens jou mening tot nut sal strek. Sulke voorbereiding sal jou help om ’n positiewe gesindheid te weerspieël wanneer jy hierdie tydskrifte in die bediening aanbied.
4 Die koste van Die Wagtoring is minimaal in vergelyking met die voordele wat die leser daaruit kry. Bied die intekening dus by elke geleentheid met vrymoedigheid aan. Party verkondigers wil dalk ’n intekening op Ontwaak! saam met Die Wagtoring aanbied. ’n Jaarintekening op albei tydskrifte is R18,00, ’n geringe bedrag in vergelyking met die van baie wêreldse publikasies. Aangesien die tydskrifte nou in vier kleure gedruk word, sal dit hulle ook aantrekliker maak en ons aanbieding van die intekening verbeter.
DIE WAGTORING HELP ONS OM DISSIPELS TE MAAK
5 Wees vasbeslote om terug te gaan na elke persoon wat lektuur geneem het en streef daarna om die belangstelling wat getoon is te ontwikkel. Party broers plaas diegene wat ’n stel tydskrifte geneem het op ’n tydskrif roete. As ’n persoon ’n eksemplaar van Die Wagtoring of Ontwaak! lees, kan sy belangstelling moontlik gewek word. Gaan dus terug en bied die volgende nommers aan, en vestig sy aandag op ’n spesifieke artikel waarin jy dink hy belang sal stel. Nadat hy ’n paar nommers gelees het, sal hy dalk wil inteken. Intekenaars kan ook daarby baat vind as jy teruggaan en hulle help om waardevolle gedagtes in die tydskrifte te vind.
6 Dit sal ons genotvolle bevrediging verskaf om Die Wagtoring gedurende April aan te bied. Aangesien ons self by die tydskrifte baat gevind het, kan ons dit vol vertroue vir ander aanbied. Deur hulle aan te moedig om in te teken en hierdie kosbare tydskrifte te lees, kan ons hulle help om hulle standpunt vir Jehovah in te neem.