Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/86 bl. 1-2
  • Hou aan om die Koninkryk van God te verkondig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou aan om die Koninkryk van God te verkondig
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • STEL PERSOONLIKE DOELWITTE
  • BIED DIE SKEPPING-BOEK AAN
  • Kan ons April 2000 ons beste maand tot nog toe maak?
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • ‘Verkondig die woord van God ten volle’
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 9/86 bl. 1-2

Hou aan om die Koninkryk van God te verkondig

1 “Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.” Dit is hoe Jesus iemand geantwoord het wat ’n verskoning gesoek het om hom nie te volg nie (Luk. 9:59-62). Maar hoe reageer Jehovah se volk vandag op die uitnodiging om Jesus te volg?

2 Die 1986-diensjaar het met ’n hoogtepunt in gewone pioniers begin. Sedertdien het ons elke maand ’n hoogtepunt gehad wat die totaal op meer as 2 700 te staan gebring het! Ons was ook bly om te sien dat baie in Maart en April hulppionierdiens gedoen het. Gemeenteverkondigers het ’n gemiddelde van meer as 12 uur in April gewerk​—die hoogste uurgemiddelde sedert 1976! Die getal verkondigers in Suid-Afrika het in Maart ’n hoogtepunt van 39 198 bereik. Die Gedenkmaalviering op 24 Maart wat deur 101 797 hier in Suid-Afrika bygewoon is, het vir nog ’n hoogtepunt vanjaar gesorg. Sulke vermeerderings het die stigting van 14 nuwe gemeentes gedurende die eerste tien maande van die diensjaar genoodsaak.

STEL PERSOONLIKE DOELWITTE

3 Ons Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk spoed nou ten einde. Dit sal binnekort af gehandel word, “en dan sal die einde kom” (Matt. 24:14). Sal ons onder diegene wees wat tevrede is omdat ons weet dat ons ons bes gedoen het? (Vergelyk 2 Petrus 3:11, 14.) As ons persoonlike doelwitte in die diens stel, sal dit ons help om ’n volle aandeel te hê in die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk. Wat kan ons doen om ons lofoffer aan Jehovah te vergroot en te verbeter? —Hebr. 13:15.

4 Vir party sal dit beteken dat hulle gereeld op die eerste Sondag van elke maand velddiens moet doen. As daardie doelwit eers bereik is, sal ons moontlik ook vind dat ons gereeld op ander tye van die maand velddiens kan doen. Kan ons ons dit ten doel stel om tien of meer ure velddiens te doen as ons tot dusver net ’n paar uur elke maand in die bediening bestee het? Ander van ons sal heel moontlik die hulp- of gewone pionierdiens kan betree.

BIED DIE SKEPPING-BOEK AAN

5 Ons sal in September weer die boek Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aanbied. Enige aanbod vir Julie tot September kan in ontoegekende gebied gebruik word. Ons gebruik van die Skepping-boek. het Jehovah se naam en voorneme na vore gebring, soos die volgende ondervinding toon. In die Verenigde State het ’n verkondiger die inisiatief aan die dag gelê om sewe hoërskole in een distrik te besoek en hulle van die waarde van die Skepping-boek te vertel. By elke skool het die hoof gemeen dat die leerlinge en personeel van die boek moet weet. Vyf van die hoërskole het die boek uitgestal, en al sewe het die boek by hulle biblioteek gevoeg. Sal jy in September ’n deel daarin hê om die Skepping-boek verder te versprei? Hierdie kleurryke publikasie wek gou belangstelling, en dit is maklik om dit saam met die traktaat Koninkryksnuus nr. 33 aan te bied.

6 Stel persoonlike en gesinsdoelwitte. Wees vasbeslote om vandeesmaand deel te neem aan die verspreiding van die Skepping-boek. Mag almal van ons wat ‘ons hand aan die ploeg geslaan het’ reguit vorentoe kyk en aanhou om ‘die koninkryk van God te verkondig’.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel