Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/86 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 3 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 10 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 17 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 24 AUGUSTUS
Ons Koninkryksbediening—1986
km 8/86 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 3 AUGUSTUS

Lied 139 (74)

10 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om op tweede Saterdag van Augustus aan tydskrifwerk deel te neem. Doen gepaste aanbiedinge vir jongste tydskrifte aan die hand.

15 min: Plaaslike behoeftes, of toespraak oor “Het die Bybel praktiese waarde vir my?” in Ontwaak! van 22 Mei 1986.

20 min: “Elkeen kan deelneem.” Toespraak en demonstrasies. Na ’n kort inleiding wat op paragrawe 1 en 2 gebaseer is, moet daar drie goed geoefende demonstrasies wees van aanbiedinge wat in paragrawe 3-5 bespreek word. Moedig jong verkondigers in die gemeente aan om aanbieding te leer. Laat verkondigers, soos tyd toelaat, kommentaar lewer oor aanbod van brosjure en hoe hulle op eerste Sondag van die maand in die velddiens gevaar het. Herinner verkondigers daaraan dat brosjures as boekies getel moet word.

Lied 166 (90) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 10 AUGUSTUS

Lied 222 (119)

8 min: Plaaslike aankondigings, rekeningverslag en Teokratiese nuus.

17 min: “Bied die goeie nuus aan​—Deur die brosjures te gebruik om

studies te begin.“ Vraag-en-antwoord-bespreking en alle paragrawe moet gelees word. Laat goed voorbereide verkondigers wenke in paragrawe 3-5 demonstreer. Laat enigeen wat studies in brosjures begin het kommentaar lewer. Beklemtoon punt dat brosjure as stapsteen tot ’n studie in Paradys op aarde-boek gebruik moet word.

20 min: “Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van prosedures.” Na ’n kort inleiding wat paragrawe 1 en 2 van byvoegsel dek, moet paragrawe 3-11 aan die hand van vrae en antwoorde gedek word en moet bekwame broers paragrawe lees.

Lied 165 (81) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 17 AUGUSTUS

Lied 205 (118)

7 min: Plaaslike aankondigings en “Plekke waar hulp nodig is” Meld velddiensreëlings vir die week. Doen kort wenke aan die hand vir aanbieding van tydskrifte op vierde Saterdag van Augustus.

8 min: “’n Loopbaan met ewige beloninge.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Voer na paragraaf 4 onderhoud met een of twee pioniers oor vreugde wat in pionierdiens ondervind word en waarom hulle hierdie loopbaan volg.

20 min: “Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van

prosedures.” Toespraak, of verkieslik ’n bespreking tussen sekretaris en diensopsiener van paragrawe 12-28 van byvoegsel. Maak aanmoedigende plaaslike toepassing van informasie.

Lied 204 (109) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 24 AUGUSTUS

Lied 26 (9)

8 min: Plaaslike aankondigings. Sit reëlings uiteen vir werk in ontoegekende gebied. Moedig gesinne hartlik aan om met die volgende besoek aan ontoegekende gebied soveel tyd moontlik daar deur te bring. Nooi broers om goeie voorraad van Onsigbare geeste-boekie in Afrikaans aan te skaf en dit by hulle aanbod in te sluit.

15 min: “Die kringopsiener se besoek​—’n voorsiening vir geestelike vooruitgang.” Dek met behulp van vrae en antwoorde. Lees gekose tekste soos tyd toelaat. Vra kort persoonlike kommentare oor hoe die broers baat gevind het by besoeke van die reisende opsieners.

10 min: Ondervindinge in gebruik van Redenering-boek. Kies vooraf ’n paar verkondigers om te vertel van goeie resultate wat hulle behaal het toe hulle die Redenering-boek gebruik het.

12 min: “Tydskrifverspreiding van huis tot huis.” Vraag-en-antwoordbespreking met hartlike aanmoediging om tyd in te ruim vir tydskrifwerk van huis tot huis.

Lied 129 (66) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel