Dagtekste vir September
1 Vervul jou bediening.—2 Tim. 4:5. wAF 15/12 18, 19a
2 Dit is een liggaam en een Gees, . . . een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.—Ef. 4:4-6. wAF 15/4 7-10
3 Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. —Tit. 2:13, 14. wAF 15/11 2-4a
4 Salig is die wat arm van gees is.—Matt. 5:3. wAF 1/11 12, 13
5 Terwyl jy die wêreld gebruik, moet jy nie soveel moontlik daaruit probeer kry nie, want hierdie wêreld in sy huidige vorm is aan die verbygaan.—1 Kor. 7:31, The New Testament in the Language of Today. wAF 1/10 8, 9a
6 ’n Blinde kan tog nie ’n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?—Luk. 6:39. wAF 15/8 17, 18b
7 En die Here sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ’n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.—Eseg. 9:4. wAF 15/12 17, 18a
8 Jou God is Koning!—Jes. 52:7. wAF 15/3 6, 12, 13
9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë.....God wat alle genade gee.....sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, ... sterk en standvastig maak.—1 Pet. 5: 9, 10, NAV. wAF 15/10 2-4
10 Dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.—1 Joh. 5:14. wAF 1/8 19, 20a
11 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie.—Mark. 13:35. wAF 1/12 7a
12 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.—Ef. 5: 15, 16. wAF 15/11 18-20
13 Die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.—1 Kor. 13:4. wAF 15/3 12, 14d
14 Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.—Hand. 17:23. wAF 15/8 11-13b
15 Verkondig die woord, hou julself soos met ’n dringende saak besig, in gunstige tyd, in moeilike tyd, wys tereg, berispe,vermaan, met alle lankmoedigheid en kuns van onderwysing.—2 Tim. 4:2, NW. wAF 1/11 4, 5
16 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is . . . om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.—Jak. 1:27, NAV. wAF 1/10 4-6a
17 [Daar] is my ’n doring in die vlees gegee, ’n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.—2 Kor. 12:7. wAF 15/12 17, 18
18 As [Jehovah] God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na!—1 Kon. 18:21. wAF 1/4 20
19 Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.—Rom. 3:23. wAF 1/5 8, 10d
20 Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.—Jes. 60:17. wAF 15/5 13c
21 U volk sal hulle gewillig aanbied op die dag van u strydkrag. In die prag van heiligheid, uit die skoot van die dageraad, het u u geselskap van jongmanne net soos doudruppels.—Ps. 110:3, NW. wAF 15/5 1-3a
22 Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie.—Openb. 3:14. wAF 1/6 3-5b
23 Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.—2 Kron. 20:15. wAF 1/7 8, 9a
24 Bewaar hierdie geestesgesteldheid in julle wat ook in Christus Jesus was.—Filip. 2:5, NW. wAF 1/9 17, 19, 20a
25 Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ’n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen.—Ef. 4:19, NAV. wAF 15/11 12-14
26 Ons is met [Satan se] planne nie onbekend nie.—2 Kor. 2:11. wAF 15/10 10, 20, 21, 23
27 Gewis sal Ek . . . almal bymekaarbring soos skape in ’n kraal, ... dit sal dreun van mense.—Miga 2:12. wAF 15/4 11-13a
28 Elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.—Luk. 6:40. wAF 1/8 4, 5a
29 Elkeen sal sy eie pak dra.—Gal. 6:5. wAF 1/10 10a
30 Vir my [is] weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in die dag sal gee.—2 Tim. 4:8. wAF 1/12 8-10
DAGTEKSTE VIR OKTOBER
1 Laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.—Filip. 4:6. wAF 15/12 19, 20
2 Herinner hulle daaraan om . . . bereid [te wees] tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.—Tit. 3:1, 2. wAF 15/11 11, 12a
3 God [het] uitverkies . . . wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor hom sou roem nie.—1 Kor. 1:28, 29. wAF 15/8 10-13a
4 Ananias, waarom het Satan jou verstout om die heilige gees te bedrieg en in die geheim iets van die prys van die veld agter te hou?—Hand. 5:3, NW. wAF 15/10 16, 17
5 Hulle sal sy uitverkorenes versamel... van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.—Matt. 24:31. wAF 1/4 3, 4a
6 Laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim . . . nie.—Hebr. 10:24, 25. wAF 1/11 6, 7a
7 Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.—Mark. 10:18. wAF 15/3 8d
8 Die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie.—Hab. 2:3. wAF 15/4 12, 13
9 Baie volke sal... sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem.—Jes. 2:3. wAF 15/4 22b
10 U woord is die waarheid.—Joh. 17:17. wAF 1/5 17
11 In die laaste dae... sal... die mense... meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God [wees].—2 Tim. 3:1, 2, 4. wAF 1/5 17-19c
12 Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.—Sag. 8:23. wAF 15/5 8, 12a
13 Ek is tot alles is Staat deur Hom wat my krag gee.—Filip. 4:13, NAV. wAF 15/5 1-3b
14 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.—Jak. 1:2, 3. wAF 1/6 23, 24
15 Ek het u bevele en u herinneringe onderhou, want al my weë is voor u.—Ps. 119:168, NW. wAF 15/6 1, 2a
16 God het die liggaam georganiseer... sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.—1 Kor. 12:24, The Riverside New Testament. wAF 15/7 10, 11
17 En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ’n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.—Luk. 8:15. wAF 1/8 8, 9a
18 Toe Jesus uitklim, sien Hy ’n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.—Mark. 6:34. wAF 15/8 15, 16b
19 ’n Leeu het gebrul! Wie sal nie bevrees wees nie? Die Soewereine Heer Jehovah self het gespreek! Wie sal nie profeteer nie?—Amos 3:8, NW. wAF 1/7 4, 5
20 Vervul jou bediening.—2 Tim. 4:5. wAF 15/12 14-16a
21 Pas op... Laat niemand ’n hoereerder wees nie, of ’n onheilige soos Esau, wat vir een spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.—Hebr. 12:15, 16. tvAF 15/11 22-24
22 Wees nugter en waaksaam, want julle teestander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.—1 Pet. 5:8. wAF 15/10 1, 2
23 Paulus [het] ... die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou.—Hand. 19:9, NAV. wAF 1/11 3-5a
24 Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die heledag.—Ps. 119:97. wAF 1/9 4a
25 Alles wat in die wêreld is—...die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.—1 Joh. 2:16. wAF 1/10 10, 14
26 Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.—Matt. 9:29. wAF 15/3 19a
27 Ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het.—Filip. 1:12. wAF 15/12 15, 16
28 Jy [moet] hulle streng teregwys, sodat hulle gesond kan word in die geloof. Hulle moet hulle nie langer besig hou met Joodse verdigsels en met die voorskrifte van mense wat van die waarheid afgedwaal het nie.—Tit. 1:13, 14, NAV. wAF 15/11 12-14a
29 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!—Openb. 22:20. wAF 1/12 11-15
30 Vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.—1 Kor. 9:22. wAF 15/3 17, 18d
31 Dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd hulle gebrek kan aanvul.—2 Kor. 8:14. wAF 1/4 16-18a
DAGTEKSTE VIR NOVEMBER
1 Hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.—Joh. 10:2, 3. wAF 1/4 9-11b
2 Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ’n ewige verbond met hulle wees.—Eseg. 37:26. wAF 15/4 15, 16a
3 Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei.—Matt. 25:32. wAF 15/4 3-5c
4 Wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?—Luk. 14:28. wAF 1/5 6-8d
5 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God ... alle welgevalle aan wat goed is, en aile werk van die geloof met krag volkome mag maak.—2 Thess. 1:11. wAF 15/5 16, 18, 19
6 Jy het my navolger geword in leer, . . . lydsaamheid, vervolginge, lyding.—2 Tim. 3:10, 11. wAF 15/12 12-14a
7 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.—Ps. 119:59. wAF 15/6 6, 7a
8 Glo in die Here julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.—2 Kron. 20:20. wAF 1/7 15, 16a
9 Wat ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind. Ek kondig nuwe dinge aan. Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor.—Jes. 42:9, NAV. wAF 1/5 5a
10 [Hy het] almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek... het.—Hand. 28:30, 31. wAF 1/6 16-18b
11 Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?—julle wat die koms met die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.—2 Pet. 3:11, 12. wAF 15/7 19, 20a
12 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar.—Spr. 3:1. wAF 1/8 2-4a
13 Vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.—2 Tim. 2:2. wAF 15/8 21, 22b
14 Met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.—Rom. 10:10. wAF 1/9 7-9a
15 Die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei.—Openb. 7:17. wAF 15/9 16a
16 Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is.—Jes. 65:14. wAF 15/5 17, 18c
17 Wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.—Mark. 13:13. wAF 15/11 18, 19b
18 Wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.—1 Kor. 14:20. wAF 1/10 16, 17a
19 Ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het.—Filip. 1:12. wAF 15/12 15, 16
20 Hy moet nie ’n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.—1 Tim. 3:6. wAF 15/10, 5, 6
21 Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ’n leuen gekom nie.—1 Pet. 2:22, NAV. wAF 1/11 10, 11
22 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.—Luk. 12:40. wAF 1/12 1,3, 4a
23 Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid.—Matt. 6:33. wAF 15/3 17, 18, 20a
24 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.—Jes. 11:9. wAF 15/4 19, 20c
25 Bewaar die eenheid van gees in die verenigende band van vrede.—Ef. 4:3, NW. wAF 1/4 1, 2a
26 Ek bid . . . dat almal een mag wees net soos U Vader in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.—Joh. 17:20, 21. wAF 15/4 10-12
27 Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof.—Tit. 2:2. wAF 1/5 7, 8c
28 Ons [hou] ook nie op ... om vir julle te bid en te vra dat julle gevul mag word met die kennis van sy wil [nie].—Kol. 1:9. wAF 15/5 11, 12
29 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.—Ps. 119:36. wAF 15/6 5, 6a
30 Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind.—Jes. 42:9, NAV. wAF 1/5 1, 2a
DAGTEKSTE VIR DESEMBER
1 Hou aan tydig en ontydig.—2 Tim. 4:2. wAF 15/12 7, 8a
2 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.—Gal. 6:7. wAF 1/8 12-14a
3 Julle [is] duidelik ’n brief van Christus . . . deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; . . . [op] die hart.—2 Kor. 3:3. wAF 15/8 18-20
4 Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.—Matt. 24:31. wAF 15/9 15-17
5 Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: om ... jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.—Jak. 1:27. wAF 1/10 18, 19a
6 Koop die tyd uit, omdat die dae boos is.—Ef. 5:16. wAF 15/11 20-22
7 Hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat . . . hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.—1 Pet. 2:12. wAF 1/6 19, 20b
8 Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.—Amos 7:15. wAF 1/7 6, 7
9 Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte ... bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God . . . en aan die Lam!—Openb. 7:9, 10. wAF 1/9 14a
10 Niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.—Mark. 13:32, NAV. wAF 1/12 16, 17a
11 Hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?—Jer. 8:9. wAF 15/3 18c
12 Julle [moet] in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.—Filip. 1:27. wAF 1/4 8, 9a
13 Hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.—Eseg. 37:24. wAF 15/4 7, 10, 11a
14 Word vrolik, hef eenstemmig ’n vreugdegeroep aan.—Jes. 52:9, NW. wAF 15/3 1-3b
15 Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die Suide kom.—Dan. 11:29. wAF 1/5 8, 9a
16 Toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, [het] julle dit aangeneem ... nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.—1 Thess. 2:13. wAF 15/4 19, 20b
17 Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.—Spr. 31:11. wAF 1/5 13, 14d
18 Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie.—2 Kor. 13:7. wAF 15/5 16, 17
19 Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie.—Ps. 119:31. wAF 15/6 3, 4a
20 Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?—Hand. 1:6. wAF 1/12 14, 15a
21 Die Leviete ... het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met ’n baie groot stem te prys.—2 Kron. 20:19. wAF 1/7 13, 14a
22 Die metodes wat ek as Christus se bedienaar en apostel volg ter vervulling van my amp.—1 Kor. 4:17, Thayer se Greek-English Lexicon of the New Testament. wAF 15/8 5-7a
23 Nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en die van sy broer regverdig.—1 Joh. 3:12. wAF 15/10 14, 15
24 Die huis van God [is] die gemeente ... van die lewende God, ’n pilaar en grondslag van die waarheid.—1 Tim. 3:15. wAF 1/11 17a
25 Verkeer nie met ’n driftige man nie, en met ’n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en ’n strik vir jouself span nie.—Spr. 22: 24, 25. wAF 1/8 14, 15a
26 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie ... Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is.—Amos 5:14, 15. wAF 15/11 15-18
27 Julle [het] dieselfde stryd ... as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.—Filip. 1:30. wAF 15/12 13-15
28 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!—Jes. 32:20. wAF 15/5 15, 16c
29 By ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.—Hebr. 10:39. wAF 1/6 21, 22, 24a
30 Ek is ’n jong seun . . . Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van u kan regeer?—1 Kon. 3:7, 9. wAF 15/3 5, 6d
31 Die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.—1 Joh. 2:17. wAF 1/10 15