Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/85 bl. 9
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 7/85 bl. 9

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Teokratiese Bedieningskool-Handleiding [sgAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF] en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 7 Julie tot 18 Augustus 1985.

[Let wel: Verwysings na die boeke si, sgAF, peAF en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord. ] Dui aan of die volgende Stellings Waar of Onwaar is:

1. As ons aan gedagtes in plaas van woorde bly dink, sal ons waarskynlik hortend praat. [sgAF bl. 143 par. 5]

2. Selfs baie ervare sprekers raadpleeg die woordeboek vir die uitspraak van onbekende woorde.[sgAF bl. 148 par. 32]

3. Ons kan nie verwag dat ons gehoor iets moet glo bloot omdat ons dit glo en sê nie. [sgAF bl. 155 par. 7]

4. Samehang beteken basies “’n onderlinge saamklewing” en hang grootliks van ’n logiese rangskikking van die materiaal af. [sgAF bl. 149 par. 2]

5. Die verslag in 2 Konings 17:24-34 verduidelik waarom die Jode van Jesus se geslag geweier het om enige omgang met die Samaritane te hê.

[wAF85 1/5 bl. 30]

6. Na aanleiding van 2 Konings 1:8 en 2:13 kan ons sien dat die profeet Elia uitgeken is aan sy kleredrag. [Weeklikse Skrifgedeelte]

7. Die Hetiete was ’n volk waarmee daar rekening gehou moes word tot met die heerskappy van Joram van Israel (c. 917 tot 905 v.G.J.). [Weeklikse Skrifgedeelte]

8. Ons kan verwag dat woorde soos die in 2 Konings 18:35 geuiter sal word gedurende die laaste gedeelte van die “groot verdrukking”. [Weeklikse Skrifgedeelte]

Beantwoord die volgende vrae:

9. Waarom is swak uitspraak ongewens? [sgAF bl. 147 par. 25]

10. Vir watter spesifieke misdaad, buiten die bevordering van Baälaanbidding in Israel en die vervolging van God se knegte, het Jehovah beveel dat koningin Isebel ’n gewelddadige dood moes sterf? [Weeklikse Skrifgedeelte]

11. Na watter geslag het Jesus in Mattheüs 24:34 verwys? [peAF bl. 154 par. 8]

12. Watter ernstige klad was daar op Jehu se loopbaan as koning? (2 Kon. 10:31). [Weeklikse Skrifgedeelte]

13. In watter opsig sal ‘elke oog Christus sien’ wanneer hy met die wolke kom? (Openb. 1:7). [peAF bl. 146 par. 13]

14. Wat is die “nuwe hemele”? (Jes. 65:17). [peAF bl. 160 par. 8]

15. Wat is die “nuwe aarde”? (Jes. 65:17). [peAF bl. 160 par. 10]

16. Hoe sal Jesus saam met die voormalige misdadiger in die Paradys wees? [peAF bl. 171 par. 14]

17. Wat moet ons gewoonte wees as ons goeie taal op die verhoog wil besig? [sgAF bl. 146 par. 23]

18. Wat is die sleutel daartoe om in die openbaar met geselstrant te lees? [sgAF bl. 146 par. 22]

19. Wat is een vorm van logiese ontwikkeling? [sgAF bl. 151 par. 10]

20. Watter drie persone is deur Jesus opgewek? [peAF bl. 168 (illustrasie)]

Vul die ruimtes in die volgende Stellings in:

21. Die․․․․․․․ dien as die laaste beroep op die verstand en verhoog die waardering vir die argumente wat gebruik is. [sgAF bl. 156 par. 14]

22. Die “stad” wat in Hebreërs 11:10 gemeld is, is․․․․․․․[peAF bl. 134 par. 1]

23. Die hoë boom in Daniel hoofstuk 4 stel in die groter vervulling․․․․․․․ voor. [peAF bl. 138 par. 14]

24. God sal nie diegene opwek wat․․․․․․․sondig nie. [peAF bl. 171 par. 16]

Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende Stellings:

25. Oorgangsuitdrukkings kan vergelyk word met (’n huis; ’n brug; ’n straat). [sgAF bl. 149 par. 4]

26. Die antwoord op die vraag (Wanneer? Waar? Wat? Hoe? Wie? Waarom?) verstrek redes en nie net inligting nie. [sgAF bl. 155 par. 8]

Paar die Bybelkarakters af met die gepaste beskrywing gebaseer op die verslag in 2 Konings hoofstuk 5:

Dogtertjie; Elisa; Naäman; Gehasi

27. Het nederigheid geleer en vir ons ’n goeie voorbeeld gestel [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF74 15/9 bl. 418 par. 22.]

28. Het moedig getuienis gelewer; het diegene afgebeeld wat onverskrokke van die Koninkryk getuig. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF74 15/9 bl. 418

par. 25.]

29. Het leuens vertel en was gierig; het diegene afgebeeld wat God se Woord vir geldelike gewin probeer gebruik. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF74 15/9 bl. 419 par. 26.]

30. Het beloning vir wonderwerk van die hand gewys; beeld gesalfde oorblyfsel af. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF74 15/9 bl. 419 par. 25-26.]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:

Dan. 2:44; Deut. 6:5,14, 15; 1 Kor. 8:5, 6; Gal. 5:9; Jak. 2:17, 26

31. Christene kan nie eenheid met ander gelowe geniet nie, want valse leerstellings besoedel die waarheid.

[tdAF 27A]

32. Daar is nie “iets goed in alle gelowe” nie, want reine aanbidding vereis uitsluitlike toewyding.

[tdAF 27B]

33. Nie alle godsdienstige mense dien dieselfde God

nie. [tdAF 28F]

34. Dit verg meer as geloof in Jesus om die lewe te verkry. [tdAF 30E]

35. God se Koninkryk is ’n werklike regering. [tdAF 32E]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af: 2 Tim. 3:2; Luk. 21:11; Joh. 14:19; Ef. 6:4; 1 Joh. 2:17

36. “Die einde van die wêreld” beteken slegs die einde van ’n goddelose stelsel. [tdAF 34A]

37. Ouers het die verantwoordelikheid om hulle kinders vir die lewe op te lei. [tdAF 26D]

38. Die Bybel toon dat mense Christus nooit weer sal sien nie. [peAF bl. 142 par. 3]

39. Miljoene het aan die Spaanse griep gesterf en derhalwe ’n deel van die teken vervul. [peAF bl. 151]

40. Jeugmisdadigheid is een van die aanduidings dat ons in die “laaste dae” lewe. [peAF bl. 152]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel