Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 9/15 bl. 8-9
  • Menigtes neem Jehovah se aanbidding aan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Menigtes neem Jehovah se aanbidding aan
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Opregtes van hart word aangetrek
  • Neem jy deel aan die werk?
  • Laat almal Jehovah verheerlik!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Help mense om nader aan Jehovah te kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • ‚Die geringste word ’n magtige nasie’
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
  • Jehovah se huis word verhef
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 9/15 bl. 8-9

“My hulp is van Jehovah”

Menigtes neem Jehovah se aanbidding aan

BYBELPROFESIEË wat na ons dag wys, het voorspel dat mense uit alle nasies na Jehovah se verhewe aanbidding sou stroom. Deur die profeet Haggai het Jehovah God byvoorbeeld verklaar: “Ek sal al die nasies skud, en die begeerlike dinge van al die nasies moet inkom; en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul” (Haggai 2:7). Sowel Jesaja as Miga het voorspel dat nasies en volke Jehovah gedurende ons tyd—“die einde van die dae”—op aanneemlike wyse sou aanbid.—Jesaja 2:2-4; Miga 4:1-4.

Word hierdie profesieë werklik vandag vervul? Kom ons kyk na die feite. Gedurende die afgelope tien jaar alleen het meer as 3 110 000 nuwelinge in oor die 230 lande hulle aan Jehovah toegewy. Ja, 6 uit elke 10 Getuies van Jehovah wat tans regoor die wêreld dien, is gedurende die afgelope dekade gedoop. In 2004 is gemiddeld een pas toegewyde kneg van God elke twee minute by die Christengemeente gevoeg!a

Soos in die eerste eeu, is daar vandag ‘’n groot aantal wat gelowiges geword en hulle tot die Here gekeer het’. Hoewel vermeerdering in getalle nie op sigself ’n bewys van God se seën is nie, lewer dit wel bewys dat “die hand van Jehovah” met sy volk is (Handelinge 11:21). Wat lei miljoene mense na Jehovah se aanbidding? En hoe word jy persoonlik geraak deur hierdie verwikkeling?

Opregtes van hart word aangetrek

Jesus het onomwonde gesê: “Geen mens kan na my toe kom tensy die Vader, wat my gestuur het, hom trek nie” (Johannes 6:44). Jehovah is dus in werklikheid die Een wat mense met “die regte gesindheid vir die ewige lewe” na hom toe trek (Handelinge 13:48). God se gees kan mense bewus laat word van hulle geestelike behoefte (Matteus 5:3). ’n Gekwelde gewete, ’n desperate soeke na hoop of ’n geweldige krisis kan daartoe aanleiding gee dat party na God soek en sodoende van sy voorneme vir die mensdom leer.—Markus 7:26-30; Lukas 19:2-10.

Baie mense word tot Jehovah se aanbidding aangetrek omdat die Bybelonderrigprogram van die Christengemeente hulle antwoorde help vind op vrae wat hulle verwar.

“As daar ’n God is, waarom ly mense dan weens ongeregtigheid?” Davide, ’n dwelmsmous in Italië, het met hierdie vraag geworstel. Hy het hierdie moeilike vraag hoofsaaklik gestel om ’n reaksie by ander uit te lok, want hy het self nie juis in godsdienssake belanggestel nie. “Ek het nie gedink dat ek ’n redelike en oortuigende antwoord sou ontvang nie”, sê hy. “Maar die Getuie wat met my gepraat het, was baie geduldig en het Bybeltekste gebruik om te staaf wat hy gesê het. Daardie gesprek het my diep getref.” Davide het sy lewe in orde gebring en dien Jehovah vandag.

Ander word na die aardse deel van Jehovah se organisasie gelei as gevolg van hulle soeke na ’n sinvolle en doelgerigte lewe. ’n Psigiater in Zagreb, Kroasië, het ’n welbekende kollega besoek om hulp met haar eie emosionele probleme te probeer kry. Tot haar verbasing het die dokter vir haar die telefoonnommer gegee van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Zagreb, asook die naam van ’n Getuie wat hy geken het. “Kyk”, het hy gesê, “ek dink hierdie mense kan jou help. As ek jou kerk toe stuur, sal jy net lewelose beelde daar vind—niemand praat nie en alles is duister. Ek dink nie die kerk kan jou help nie. Ek het ander pasiënte al na Jehovah se Getuies gestuur, en ek dink dat dit ook vir jou die beste sal wees.” Die Getuies was bly om haar te besoek en het weldra ’n Bybelstudie met haar begin. Binne ’n paar weke het daardie psigiater met vreugde gesê dat kennis van God se voorneme haar lewe sinvol gemaak het.—Prediker 12:13.

Baie het al gevind dat slegs Bybelwaarheid ware vertroosting kan bied wanneer hulle ’n persoonlike krisis beleef. In Griekeland is ’n sewejarige seuntjie dood toe hy van sy skool se dak afgeval het. ’n Paar maande later het twee Getuies sy ma ontmoet en haar probeer vertroos deur die opstandingshoop te bespreek (Johannes 5:28, 29). Die vrou het toe in trane uitgebars. Die susters het gevra: “As jy graag meer wil weet van die Bybel, wanneer kan ons jou besoek?” “Nou dadelik”, het sy geantwoord. Die vrou het hulle na haar huis geneem, en ’n Bybelstudie is begin. Vandag dien haar hele gesin Jehovah.

Neem jy deel aan die werk?

Hierdie ondervindinge is tipiese voorbeelde van wat regoor die wêreld gebeur. Jehovah versamel ’n groot menigte ware aanbidders uit alle nasies en lei hulle op. Hierdie internasionale groep het die wonderlike vooruitsig om die naderende einde van hierdie goddelose stelsel van dinge te oorleef en tot in ’n regverdige nuwe wêreld behoue te bly.—2 Petrus 3:13.

Danksy Jehovah se seën beweeg hierdie ongeëwenaarde insamelingswerk onstuitbaar voort tot sy suksesvolle voltooiing (Jesaja 55:10, 11; Matteus 24:3, 14). Neem jy ywerig aan hierdie Koninkrykspredikingswerk deel? Indien wel, kan jy seker wees van God se onderskraging en kan jy hierdie woorde van die psalmis beaam: “My hulp is van Jehovah.”—Psalm 121:2.

[Voetnoot]

a Sien die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2005, September/Oktober.

[Lokteks op bladsy 9]

“Geen mens kan na my toe kom tensy die Vader, wat my gestuur het, hom trek nie.”—JOHANNES 6:44

[Venster op bladsy 8]

WIE IS VERANTWOORDELIK VIR HIERDIE VERMEERDERING?

“As Jehovah nie die huis bou nie, het die bouers tevergeefs hard daaraan gewerk.”—Psalm 127:1.

“God het dit deurentyd laat groei; sodat nie hy wat plant of hy wat natgooi, iets is nie, maar God wat dit laat groei.”—1 Korintiërs 3:6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel