Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 3/15 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Are pluk op die Sabbat
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die dissipels pluk are op die Sabbat
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die dissipels pluk graan op die Sabbat
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 3/15 bl. 30

Vrae van lesers

Toon die feit dat Dawid en sy manne die aanbiedingsbrode geëet het, dat God se wet onder moeilike omstandighede verbreek mag word en dat dit ongestraf sal bly?—1 Samuel 21:1-6.

Volgens Levitikus 24:5-9 is die aanbiedingsbrode wat op elke Sabbat vervang is, gehou vir die priesters om te eet. Die beginsel waarop hierdie gebruik berus het, was dat die brode heilig was en as voedsel moes dien vir die manne wat besig was met God se diens—die priesters. Om dit vir ’n gewone werker te gee of dit net vir die lekker te eet, sou beslis verkeerd gewees het. Die priester Ahimeleg het egter nie gesondig toe hy die toonbrode met Dawid en sy manne gedeel het nie.

Hy was onder die indruk dat Dawid op ’n spesiale sending van koning Saul was. Dawid en sy manne was honger. Ahimeleg het vasgestel dat hulle seremonieel rein was. Hoewel dit tegnies vir hulle ongeoorloof was om die aanbiedingsbrode te eet, was dit in ooreenstemming met die aangewese gebruik van die toonbrode. Met inagneming hiervan kon Ahimeleg ’n uitsondering op die reël maak. Jesus Christus self het hierdie voorval gebruik om toe te lig hoe onvanpas die oordrewe streng toepassing van die Sabbatswet was wat deur die Fariseërs se vertolking daarvan vereis is.—Matteus 12:1-8.

Die voorgaande beteken egter nie dat God se wet verbreek mag word wanneer omstandighede moeilik word nie. Neem byvoorbeeld die skynbaar kritieke situasie wat ontstaan het toe Israelitiese manskappe teen die Filistyne geveg het. Koning Saul het gesê: “Vervloek is die man wat brood eet voor die aand en voordat ek op my vyande wraak geneem het!” Die Bybel sê: “Op dié dag het hulle die Filistyne . . . bly verslaan.” Die soldate was moeg ná die geveg en honger, ‘en die manskappe het diere op die grond begin slag en dit met die bloed en al begin eet’ (1 Samuel 14:24, 31-33). Hulle het teen Jehovah gesondig deur sy wet op bloed te verbreek. Hulle dade was nie in ooreenstemming met die enigste gebruik van bloed wat deur God voorgeskryf is nie, naamlik om vir sondes “versoening te doen” (Levitikus 17:10-12; Genesis 9:3, 4). Jehovah het in sy barmhartigheid spesiale offerandes aanvaar ten behoewe van dié wat gesondig het.—1 Samuel 14:34, 35.

Ja, Jehovah verwag van ons om sy wette onder alle omstandighede te gehoorsaam. “Dít is wat die liefde vir God beteken”, sê die apostel Johannes, “dat ons sy gebooie bewaar.”—1 Johannes 5:3.

[Prent op bladsy 30]

Elke Sabbat is nuwe aanbiedingsbrode in die tabernakel gesit

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel