Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 2/15 bl. 27
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Vertrou op God se gees om veranderinge in die lewe te hanteer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Glanspunte uit die boek Tweede Samuel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Bybelboek nommer 10—2 Samuel
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Die Ammoniete—’n Volk wat goedhartigheid met vyandigheid vergeld het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 2/15 bl. 27

Vrae van lesers

Het Dawid, ’n man na God se hart, sy gevangenes wreed behandel, soos party mense uit 2 Samuel 12:31 en 1 Kronieke 20:3 aflei?

Nee. Dawid het die Ammonitiese gevangenes bloot dwangarbeid laat verrig. Dawid se optrede is al verkeerd verstaan weens die manier waarop party Bybelvertalings dié verse weergee.

Hierdie Bybelvertalings beeld Dawid as barbaars en wreed uit waar dit beskryf hoe hy die Ammoniete behandel het. Volgens die King James Version sê 2 Samuel 12:31 byvoorbeeld: “Hy het die mense wat daarin was, uitgebring en hulle onder sae en onder ysterêe en onder ysterbyle gesit en hulle deur die steenoond laat gaan: en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen.” Die verslag in 1 Kronieke 20:3 word op dieselfde manier weergegee.

Maar soos die Bybelgeleerde Samuel Rolles Driver gesê het, is wreedheid “nie verenigbaar met wat ons van Dawid se karakter en geaardheid weet nie”. Kommentaar in The Anchor Bible sê dus: “Dawid organiseer die gevangenes in werkspanne om die verowerde gebied ekonomies te benut, wat blykbaar ’n algemene gebruik onder seëvierende konings was.” Adam Clarke sê iets soortgelyks: “Dit beteken dus: Hy het slawe van die mense gemaak en hulle aan die werk gesit om te saag, ysterêe te maak of te myn . . . en om hout te kap en stene te maak. Hierdie teks verwys nie daarna dat mense in stukke gesaag, opgekap en stukkend gesny is nie en dus ook nie daarna dat Dawid so teenoor die Ammoniete opgetree het nie.”

Verskillende moderne vertalings weerspieël hierdie juister begrip en toon duidelik dat Dawid nie van wrede behandeling beskuldig moet word nie.a Kyk hoe die New English Translation (2003) dit stel: “Hy het die mense wat daarin was, weggeneem en hulle dwangarbeid laat verrig met sae, ysterpikke en ysterbyle en hulle by die steenoond laat werk. Dit was sy beleid met al die Ammonitiese stede” (2 Samuel 12:31). “Hy het die stad se inwoners geneem en hulle met sae, ysterpikke en byle laat werk. Dawid het dit met al die stede van die Ammoniete gedoen” (1 Kronieke 20:3). Die manier waarop die Nuwe Wêreld-vertaling dit weergee, stem ook ooreen met die jongste begrip van geleerdes: “Die mense wat daarin was, het hy uitgebring sodat hy hulle kon gebruik om klippe te saag en om met skerp ysterwerktuie en met ysterbyle te werk, en hy het hulle met steenmakery laat diens doen” (2 Samuel 12:31). “Die mense wat daarin was, het hy uitgebring, en hy het hulle gebruik om klippe te saag en om met skerp ysterwerktuie en met byle te werk; en so het Dawid met al die stede van die kinders van Ammon gedoen.”—1 Kronieke 20:3.

Dawid het die verslane Ammoniete nie aan barbaarse marteling en grusame slagtings onderwerp nie. Hy het nie die sadistiese en wrede oorlogsgebruike van sy dag nagevolg nie.

[Voetnoot]

a Deur net een letter te verander, kan die Hebreeuse teks gelees word as “hy het hulle in die saag gesit” of “hy het hulle in stukke (gesaag)”. Wat meer is, die woord vir “steenoond” kan ook “steenvorm” beteken. So ’n vorm sou te nou wees vir enigiemand om daardeur te gaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel