Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 9/1 bl. 32
  • Hoe om ontmoediging die hoof te bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om ontmoediging die hoof te bied
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 9/1 bl. 32

Hoe om ontmoediging die hoof te bied

VOEL jy ontmoedig? In hierdie tyd van onsekerheid en verdeeldheid is dit met baie mense die geval. Party voel ontmoedig omdat hulle werkloos is. Ander het met die nadraai van ’n ongeluk te kampe. Nog ander sukkel met gesinsprobleme, ’n ernstige siekte of eensaamheid.

Waar kan jy hulp vind as jy ontmoedig voel? Wêreldwyd het miljoene mense al vertroosting gevind deur God se Woord, die Bybel, te lees. Hulle word bemoedig deur die woorde van die apostel Paulus, wat gesê het: “Mag die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van tere barmhartighede en die God van alle vertroosting, geloof word, wat ons in al ons verdrukking vertroos” (2 Korintiërs 1:3, 4). Lees gerus hierdie teks en ander Skrifgedeeltes in jou eie Bybel. Dit sal ‘jou hart vertroos en jou standvastig maak’.—2 Tessalonisense 2:17.

Jy kan ook gehelp word om ontmoediging die hoof te bied as jy omgaan met diegene wat Jehovah dien. Spreuke 12:25 sê: “Angstige besorgdheid in die hart van ’n man sal dit laat neerbuig, maar die goeie woord maak dit bly.” Wanneer ons Christelike vergaderinge bywoon, hoor ons daardie “goeie woord”, wat “soet vir die siel en ’n genesing vir die gebeente” is (Spreuke 16:24). Woon gerus ’n vergadering by ’n Koninkryksaal van Jehovah se Getuies by om self te ondervind hoe so ’n samekoms jou kan versterk.

Jy kan ook by die krag van gebed baat vind. As jy voel dat die sorge van die lewe jou oorweldig, kan jy met die “Hoorder van die gebed” oor jou diepste gevoelens praat (Psalm 65:2). Ons Skepper, Jehovah God, verstaan ons beter as wat ons onsself verstaan. Ons kan op sy hulp staatmaak. Sy Woord belowe ons: “Werp jou las op Jehovah, en hy sal jou onderskraag. Nooit sal hy die regverdige laat wankel nie” (Psalm 55:22). Ja, “dié wat op Jehovah hoop, sal nuwe krag kry”.—Jesaja 40:31.

Jehovah God het ons kragtige voorsienings gegee wat ons kan help om ontmoediging die hoof te bied. Sal jy dit gebruik?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel