Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 6/15 bl. 8-10
  • Die kosbaarste erfenis wat daar is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kosbaarste erfenis wat daar is
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Aanbid Jehovah in jou jeug
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Hoe om jou kinders groot te maak sodat hulle Jehovah liefhet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Ouers – Help julle kinders om Jehovah lief te kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 6/15 bl. 8-10

Die kosbaarste erfenis wat daar is

IN DIE skemerjare van sy lewe het die bejaarde apostel Johannes geskryf: “Ek het geen groter rede tot dankbaarheid as hierdie dinge nie, dat ek hoor dat my kinders voortgaan om in die waarheid te wandel.”—3 Johannes 4.

Die getroue apostel het na sy geestelike kinders verwys. Maar baie ouers sal met die apostel se woorde saamstem. Hulle het hard gewerk om hulle kinders “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah” op te voed, en nou is hulle verheug om te sien dat hulle volwasse kinders ‘in die waarheid wandel’ (Efesiërs 6:4). Trouens, die kosbaarste erfenis wat jy ooit vir jou kinders kan gee, is om hulle die weg na die ewige lewe te leer. Dit is omdat godvrugtige toegewydheid, wat beteken dat jy jou lewe lei soos Jehovah wil hê Christene dit moet lei, “belofte inhou vir die teenswoordige en die toekomstige lewe”.—1 Timoteus 4:8.

Jehovah, die volmaakte Vader, het groot waardering vir godvrugtige ouers wat hulle bes doen om hulle kinders geestelik op te voed. Wanneer die kinders daarop reageer, put hulle groot vreugde daaruit om ware aanbidding saam met hulle ouers te beoefen. Namate hierdie kinders ouer word, bou hulle aangename herinneringe van sulke ondervindinge op. Party dink met vreugde terug aan die eerste keer toe hulle ’n deel gehad het op die Teokratiese Bedieningskool.a Of miskien dink hulle aan die eerste keer toe hulle ’n Bybelteks kon lees terwyl hulle saam met een van hulle ouers in die huis-tot-huis-bediening was. En sal hulle ooit vergeet hoe hulle ouers vir hulle uit My boek met Bybelverhale en Luister na die Groot Onderwyser gelees het?b Gabriel dink terug aan iets wat vir hom baie beteken het: “Toe ek net vier jaar oud was, het my ma elke dag vir my gesing terwyl sy gekook het. Een Koninkrykslied het ’n groot indruk op my gemaak. Later het dit my gehelp om die belangrikheid van Jehovah se diens te besef.” Miskien onthou jy ook die pragtige lied waarna Gabriel verwys. Dit is nommer 157 in die liedereboek Sing lofliedere voor Jehovah, en die titel is: “Aanbid Jehovah in jou jeug.”

Die lied begin: “Uit kindermonde het God lof berei;/Kinders het Jesus met sang begelei.” Ja, daar was kinders wat die voorreg gehad het om met Jesus te assosieer, en hulle aangename, openhartige manier het hom waarskynlik groot vreugde verskaf. Jesus het selfs die ontvanklikheid van jong kinders as ’n voorbeeld vir sy volgelinge voorgehou (Matteus 18:3, 4). Kinders het dus ’n gepaste plek in Jehovah se aanbidding. Trouens, die woorde van die lied sê verder: “Ja, blote kleuters kan spreek oor Gods faam.”

Deur hulle voorbeeldige gedrag—by die huis, by die skool en op ander plekke—het baie kinders God en hulle gesin tot eer gestrek. Wat ’n seën is dit tog vir hulle om ‘Christenouers te hê wat dien voor Gods troon’ (Deuteronomium 6:7). Godvrugtige ouers neem hulle standpunt vir God in, wat as ’n liefdevolle Vader sy skepsele laat wandel op die weg wat hulle moet volg. En hoe word hulle tog geseën! Wanneer hulle op hulle beurt die kinders in hulle gesin leer, verskaf dit hulle groot vreugde om kinders te hê ‘wat hulle gehoorsaam en hulle hart bly maak’! (Jesaja 48:17, 18). Angélica, wat tans in die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko dien, sê: “My ouers het altyd probeer om Bybelbeginsels toe te pas. Dit het my kinderjare baie aangenaam gemaak. Ek was gelukkig.”

Sulke Christene stem saam dat dit die moeite werd is om jou geestelike erfenis goed op te pas. Miskien is jy ’n jong persoon wat grootword in ’n gesin met ware Christelike waardes. As dit die geval is, maan dieselfde lied jou: “O Christenjeug, soek Jehovah se seën.” Die tyd sal aanbreek dat jy jou eie besluite moet neem; daarom moet jy nou ‘leer wyl jy jonk is om op hom te steun./Streef tog nie daarna om aansien te kry.’

As jy die fout maak om gewildheid eerste in jou lewe stel, kan al die opvoeding wat jy ontvang, tevergeefs wees en kan jy jou vooruitsigte vir die toekoms bederf. Die begeerte om gewild te wees, kan daartoe lei dat jy jou waaksaamheid verslap. Gevolglik het party begin assosieer met persone wat oënskynlik onskadelik, selfs aantreklik, is, maar wat glad nie in Christelike standaarde belangstel nie. Dit was die geval met Tara, die hoofkarakter in die video Young People Ask—How Can I Make Real Friends? Soos Tara sal enige jong Christen wat met mense assosieer vir wie ware aanbidding nie belangrik is nie, uitvind dat ‘slegte omgang hulle net sal mislei’, soos die lied sê. Dit verg jare van inspanning om goeie gewoontes aan te kweek, maar dit kan gou bederf word.

Die weg van godvrugtige vrees is weliswaar nie maklik nie. Maar soos die lied verder sê: “As jul jul Skepper van kleins af al vrees,/En hom getrou dien in waarheid en gees”, sal jy ’n vaste fondament lê vir ware sukses. Ook sal jy “met jare meer vreugde verkry”. Jy sal in selfs groter mate besef dat niks jou kan keer om te doen wat reg is in Jehovah se oë terwyl jy onder sy liefdevolle sorg is nie. Dit is hoe jy ’n ryp, godvrugtige volwassene kan word. Wat meer is, as jy jou Christelike opvoeding wyslik benut, sal jy ‘Jehovah se hart verbly’. Dit is ongetwyfeld die grootste voorreg wat ’n mens kan hê, nie waar nie?—Spreuke 27:11.

Jongmense, moet dus nooit vergeet hoe kosbaar die opvoeding is wat Jehovah en julle Christenouers julle gee nie. Mag die groot liefde wat hulle vir julle het, julle beweeg om te doen wat welbehaaglik is in Jehovah se oë. Soos Jesus Christus en getroue jong Timoteus sal julle julle hemelse Vader en julle aardse ouers bly maak. En as julle ooit eendag self ouers word, sal julle waarskynlik met Angélica, wat vroeër genoem is, saamstem: “As ek ooit ’n kind het, sal ek my bes doen om liefde vir Jehovah van kleins af in sy hart in te skerp sodat dit ’n rigsnoer vir hom kan wees.” Ja, die regverdige weg wat na die ewige lewe lei, is die kosbaarste erfenis wat daar is!

[Voetnote]

a Jonk en oud kan deelneem aan hierdie aspek van die Bybelonderrigtingsprogram wat in gemeentes van Jehovah se Getuies gehou word.

b Die publikasies wat genoem word, word deur Jehovah se Getuies uitgegee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel