Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 6/1 bl. 32
  • Om aan ander te doen, of nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Om aan ander te doen, of nie?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 6/1 bl. 32

Om aan ander te doen, of nie?

“WAT jy nie aan jou gedoen wil hê nie, moet jy nie aan ander doen nie.” Hierdie sedespreuk word toegeskryf aan die beroemde Chinese onderrigter en filosoof Confucius. Vandag, sowat 2 500 jaar later, is baie nog steeds van mening dat ’n persoon sy sedelike plig nakom deur ander bloot geen leed aan te doen nie.

Hierdie Confuciaanse gedragskode het ongetwyfeld waarde. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot menslike gedrag en interaksie. Benewens die sonde van bedryf, dit wil sê ’n oortreding teenoor jou medemens, praat die Bybel ook van die sonde van versuim. Die Christendissipel Jakobus het geskryf: “As iemand . . . weet hoe om te doen wat reg is en dit tog nie doen nie, is dit vir hom ’n sonde” (Jakobus 4:17). Jesus Christus het Christene nie bloot beveel om ander nie kwaad aan te doen nie, maar het hulle hierdie opdrag gegee: “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook net so aan hulle doen.”—Matteus 7:12.

Dit was God se oorspronklike voorneme dat die ganse mensdom mekaar behandel soos hulle graag behandel wil word. Hy het die beste voorbeeld gestel van besorgdheid oor ander se welsyn deur die manier waarop hy mense geskep het: “God het die mens na sy beeld begin skep, na God se beeld het hy hom geskep; man en vrou het hy hulle geskep” (Genesis 1:27). Dit beteken dat God mense liefdevol voorsien het van ’n gewete wat, as dit behoorlik opgelei is, hulle sou rig om ander te behandel soos hulle self behandel wil word.

Vandag is baie mense hulpelose slagoffers van ander wat onbedagsaam en selfsugtig is. Dit is duidelik dat meer nodig is as om ander bloot nie kwaad of leed aan te doen nie—ons moet eerder doen wat goed en voordelig vir hulle is. Daarom doen Jehovah se Getuies uit vrye wil positiewe stappe om ander te help om van die wonderlike hoop in God se Woord te leer. Wanneer hulle hulle naaste met die goeie nuus van die Bybel besoek, tree hulle in ’n gees van liefde op en doen hulle vir ander wat hulle wil hê aan hulle gedoen moet word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel