Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 6/1 bl. 30-31
  • Laat ons goed doen in tye van nood

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Laat ons goed doen in tye van nood
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Liefde lei tot ’n hegter band van eenheid
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Reëlings vir plekke van aanbidding
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Jehovah se reddingsdade vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Dinge wat orkaan Andrew nie kon vernietig nie
    Ontwaak!—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 6/1 bl. 30-31

Laat ons goed doen in tye van nood

“LAAT ons . . . aan almal goed doen”, het die apostel Paulus gemaan, “maar veral aan dié wat in die geloof aan ons verwant is” (Galasiërs 6:10). Jehovah se Getuies in alle wêrelddele probeer hard om daardie beginsel in hulle lewe toe te pas deur aan almal goed te doen, veral aan hulle medegelowiges. Dit is al keer op keer in tye van nood gesien. Kom ons kyk na onlangse voorbeelde uit drie lande.

In Desember 2002 is Guam getref deur ’n kragtige tifoon met winde van meer as 300 kilometer per uur. Baie huise is uitmekaargeruk en sommige is heeltemal vernietig. Plaaslike gemeentes het vinnig spanne georganiseer om die Getuiegesinne wat die swaarste getref is, met opruimingswerk te help. Die takkantoor in Guam het boumateriaal en mannekrag voorsien om beskadigde huise te herstel, en die takkantoor in Hawaii het hulle hulp aangebied. Binne ’n paar weke het ’n span skrynwerkers uit Hawaii opgedaag om met die herstelwerk te help, en van die plaaslike broers het verlof by die werk gevra sodat hulle hulle kon bystaan. Hulle gees van vreugdevolle samewerking was vir almal in die gemeenskap ’n getuienis.

In ’n voorstad van Mandalay, Mianmar, het ’n brand naby ’n Koninkryksaal uitgebreek. Nie ver daarvandaan nie was die huis van ’n onbedrywige suster en haar gesin. Die wind het in die rigting van haar huis gewaai, en daarom het sy na die saal toe gehardloop om hulp te kry. Daar was baie broers by die saal, aangesien hulle op daardie stadium besig was met opknappingswerk. Hulle was verbaas om die suster te ontmoet omdat hulle nie geweet het dat sy in die omgewing woon nie. Die broers het gou gehelp om die gesin se besittings na ’n veilige plek te verskuif. Toe haar man, wat nie ’n Getuie is nie, van die brand hoor, het hy vinnig huis toe gegaan en gevind dat die broers besig was om sy gesin te help. Hy was nie net beïndruk en dankbaar nie, maar ook verlig aangesien plunderaars dikwels sulke situasies uitbuit. Hierdie blyk van goedhartigheid deur die broers het die suster en haar seun gemotiveer om weer eens met die Christengemeente te begin assosieer, en tans woon hulle al die vergaderinge by.

Gedurende die afgelope diensjaar het baie in Mosambiek met hongersnood te kampe gehad as gevolg van droogtes en misoeste. Die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies het vinnig gereageer deur voedsel aan behoeftiges te voorsien. Die voedsel is by Koninkryksale uitgedeel, soms na afloop van die gemeentelike vergaderinge. Een suster wat ’n enkelouer is, het gesê: “Toe ek na die vergadering gekom het, was ek neerslagtig, want ek het nie geweet wat ek vir my kinders gaan gee om te eet wanneer ons by die huis kom nie.” Die liefdevolle hulp wat die broers voorsien het, het haar vinnig opgebeur. “Dit was vir my soos ’n opstanding!” het sy gesê.

Die Getuies ‘doen ook goed’ in geestelike sin deur vir ander van die Bybel se boodskap van vertroosting en hoop te vertel. Net soos die wyse man van die ou tyd, glo hulle: “Wat die een betref wat na [goddelike wysheid] luister, hy sal in veiligheid woon en nie deur vrees vir rampspoed versteur word nie.”—Spreuke 1:33.

[Prente op bladsy 31]

1, 2. Voedsel word aan behoeftiges in Mosambiek uitgedeel

3, 4. Die tifoon in Guam het baie huise vernietig

[Erkenning]

Kind, links: Andrea Booher/FEMA News Photo; vrou, bo: AP Photo/Pacific Daily News, Masako Watanabe

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel