Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 9/15 bl. 3
  • Die Bybel kan jou huwelik verbeter

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel kan jou huwelik verbeter
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Ná die troudag
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Beskerm julle huwelik
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Put vreugde uit die gawe van die huwelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 9/15 bl. 3

Die Bybel kan jou huwelik verbeter

DIE HUWELIK—hierdie woorde laat aangename gedagtes by party opkom. By ander wek dit ongelukkigheid. “Dit voel of ek emosioneel van my man geskei is”, kla een vrou. “Ek voel heeltyd afgeskeep en eensaam.”

Wat veroorsaak dat twee mense wat beloof het om mekaar lief te hê en te koester, so ver van mekaar verwyderd raak? Een faktor is ’n gebrek aan kennis oor wat die huwelik behels. “Ons begewe ons in die huwelik sonder dat ons enigsins daarvoor opgelei is”, sê ’n mediese joernalis.

Die feit dat min mense vandag kennis oor die huwelik het, word toegelig deur ’n studie wat gedoen is deur Die Nasionale Huweliksprojek, ’n navorsingsprogram van die Rutgers-Universiteit in New Jersey, VSA. “Baie in hierdie studie is grootgemaak deur ouers wat ongelukkig getroud of geskei was”, het die organiseerders van die projek geskryf. “Hulle weet presies wat ’n slegte huwelik is, maar hulle is nie so seker wat ’n goeie huwelik is nie. Party kan ’n goeie huwelik slegs beskryf as ‘die teenoorgestelde van my ouers s’n’.”

Is Christene immuun teen huweliksprobleme? Nee. Trouens, party Christene in die eerste eeu het reguit raad nodig gehad om ‘op te hou om losmaking te soek’ van hulle huwelik (1 Korintiërs 7:27). Dit is duidelik dat enige huwelik tussen twee onvolmaakte mense probleme sal hê, maar hulp is beskikbaar. Mans en vrouens kan hulle verhouding verbeter deur Bybelbeginsels toe te pas.

Die Bybel is nou wel nie ’n huwelikshandleiding nie. Maar aangesien dit geïnspireer is deur die Insteller van die huwelik, kan ons verwag dat die beginsels daarin nuttig sal wees. Jehovah God het deur die profeet Jesaja gesê: “Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou laat loop op die weg wat jy moet bewandel. Ag, as jy maar aan my gebooie aandag sal skenk! Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word, en jou regverdigheid soos die golwe van die see.”—Jesaja 48:17, 18.

Het die liefde wat daar eens tussen jou en jou maat was, begin verflou? Voel jy vasgevang in ’n liefdelose huwelik? ’n Vrou wat al 26 jaar getroud is, het gesê: “Die pyn wat ’n mens in hierdie soort verhouding ervaar, is byna onbeskryflik. Dit is altyd daar en dring deur alles.” Pleks van gelate te aanvaar dat ’n ongelukkige huwelik jou lot in die lewe is, kan jy jou eerder voorneem om iets daaromtrent te doen. Die volgende artikel sal vir mans en vrouens toon hoe Bybelbeginsels kan help om hulle huwelik te verbeter op ’n spesifieke gebied—dié van verbondenheid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel