Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 7/1 bl. 32
  • Wat het van hulle geword?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat het van hulle geword?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 7/1 bl. 32

Wat het van hulle geword?

NOF en No is Bybelname vir Egipte se eens welbekende hoofstede Memfis en Tebe. Nof (Memfis) was sowat 23 kilometer suid van Kaïro aan die westekant van die Nylrivier geleë. Mettertyd het Memfis egter sy status as Egipte se hoofstad verloor. Teen die begin van die 15de eeu v.G.J. het Egipte ’n nuwe hoofstad No (Tebe) gehad, wat ongeveer 500 kilometer suid van Memfis geleë was. Onder Tebe se talle tempelruïnes is dié van Karnak, wat beskou word as die grootste struktuur wat ooit met kolomme gebou is. Tebe en die Karnak-tempel is toegewy aan die aanbidding van Amon, die hoofgod van die Egiptenare.

Wat het Bybelprofesieë oor Memfis en Tebe voorspel? Oordeel is teen Egipte se Farao en hulle gode uitgespreek, veral teen die hoofgod, “Amon uit No” (Jeremia 46:25, 26). Die groot groep aanbidders wat daarheen gestroom het, sou ‘uitgeroei’ word (Esegiël 30:14, 15). En dit is presies wat gebeur het. Al wat oor is van Amon se aanbidding, is tempelruïnes. Die hedendaagse dorp Luxor is op deel van die terrein van eertydse Tebe geleë, en ander klein dorpies is tussen die ruïnes gebou.

Behalwe begraafplase is daar maar min wat van Memfis oorgebly het. ’n Bybelgeleerde Louis Golding sê: “Die Arabiese veroweraars van Egipte het eeue lank die reusagtige ruïnes van Memfis as ’n steengroef gebruik om hulle hoofstad [Kaïro] aan die oorkant van die rivier te bou. Die Nyl en die Arabiese bouers het hulle so goed van hulle taak gekwyt dat daar vir kilometers binne die omtrek van die eertydse stad nie ’n klip bokant die swart grond uitsteek nie.” Memfis het waarlik, soos daar in die Bybel voorspel is, “’n blote voorwerp van verbasing” geword, “sonder inwoner”.—Jeremia 46:19.

Dit is maar twee van die baie voorbeelde wat die akkuraatheid van Bybelprofesieë toon. Die verwoesting van Tebe en Memfis gee ons gegronde rede vir vertroue in Bybelprofesieë wat nog vervul moet word.—Psalm 37:10, 11, 29; Lukas 23:43; Openbaring 21:3-5.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Photograph taken by courtesy of the British Museum

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel