Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 3/15 bl. 32
  • Sal armoede ooit tot ’n einde kom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal armoede ooit tot ’n einde kom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 3/15 bl. 32

Sal armoede ooit tot ’n einde kom?

“KYK! die trane van die onderdruktes, maar hulle het geen vertrooster gehad nie; en aan die kant van hulle onderdrukkers was daar mag, sodat hulle geen vertrooster gehad het nie”, het die wyse koning Salomo van eertydse Israel gesê (Prediker 4:1). Baie van die onderdruktes wat hy in gedagte gehad het, was ongetwyfeld ook arm.

Armoede kan nie uitsluitlik in terme van geld gemeet word nie. Volgens gegewens wat in Junie 2002 deur die Wêreldbank voorsien is, “was daar in 1998 na raming 1,2 miljard mense regoor die wêreld wat van minder as $1 ’n dag moes lewe . . . en 2,8 miljard wat met minder as $2 ’n dag moes klaarkom”. Daar is opgemerk dat sulke syfers, hoewel dit laer as vorige ramings is, “steeds te hoog is in terme van menselyding”.

Sal armoede ooit tot ’n einde kom? Jesus Christus het vir sy dissipels gesê: “Julle het die armes altyd by julle” (Johannes 12:8). Beteken dit dan dat armoede en al die bitter gevolge daarvan vir altyd sal voortduur? Nee, want al het Jesus nie vir sy volgelinge belowe dat hulle almal materieel ryk sal word nie, moet ons nie uit sy woorde aflei dat daar geen hoop vir die armes is nie.

Ten spyte van mensepogings en die feit dat beloftes om ’n einde aan armoede te maak, dikwels nie vervul word nie, verseker God se Woord, die Bybel, ons dat daar binnekort geen behoeftige mense sal wees nie. Trouens, Jesus het ‘goeie nuus aan die armes bekend gemaak’ (Lukas 4:18). Hierdie goeie nuus sluit die belofte in dat armoede uit die weg geruim sal word. Dit sal plaasvind wanneer God se Koninkryk regverdige toestande op die aarde tot stand bring.

Hoe anders sal die wêreld dan tog wees! Die hemelse Koning Jesus Christus “sal jammer voel vir die geringe en die arme, en die siel van die armes sal hy red”. Ja, “van onderdrukking en van geweld sal hy hulle siel verlos”.—Psalm 72:13, 14.

Aangaande daardie tyd sê Miga 4:4: “Hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit, en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie; want die mond van Jehovah van die leërs het dit gespreek.” God se Koninkryk sal ’n einde maak aan al die probleme wat die mensdom teister; dit sal selfs siekte en die dood uit die weg ruim. God “sal die dood vir ewig verswelg, en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee”.—Jesaja 25:8.

Jy kan op hierdie beloftes staatmaak, want dit is deur God self geïnspireer. Ondersoek gerus die bewyse dat Bybelprofesieë betroubaar is.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

FAO photo/M. Marzot

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel