Lees saam met jou kinders
Volgens die Brasiliaanse tydskrif Veja staan kinders van ywerige lesers ’n groter kans om ’n liefde vir boeke te ontwikkel as kinders wat nie so ’n voorbeeld van iemand wat lees in die huis het nie. “As ouers en kinders saam lees, versterk dit hulle intieme verhouding en stel dit die kind in staat om die boek se inhoud beter in te neem”, sê Martha Hoppe, ’n spesialis in kinderontwikkeling.
As jy hardop vir jou kinders lees, bied dit jou ook die geleentheid om vrae te beantwoord. Jy kan enige prente wat by die teks is, bespreek. “Hoe meer ’n kind die inhoud van boeke verstaan”, sê Hoppe, “hoe meer sal hy aangespoor word om daarna te soek wanneer hy sy nuuskierigheid wil bevredig.”
Baie ouers onder Jehovah se Getuies geniet dit om saam met hulle kinders te lees. Hulle lees moontlik publikasies soos My boek met Bybelverhale, Luister na die Groot Onderwyser en Die grootste mens wat nog geleef het.a Boeke soos dié help kinders nie net om goeie lesers te word nie, maar laat hulle ook meer belangstel in die wêreld se grootste suksesboek—die Heilige Bybel. As jy ’n ouer is, moet jy derhalwe vir jou kinders ’n voorbeeld stel deur ’n ywerige leser van God se Woord te wees (Josua 1:7, 8). En ruim gerus die tyd in om vir hulle te lees!
[Voetnoot]
a Uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.