Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 5/1 bl. 3-4
  • Almal wil vry wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Almal wil vry wees
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Nog steeds “in kettings”
  • ’n Vry volk maar met verantwoordelikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Laat Jehovah jou na ware vryheid lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Dien Jehovah, die God van vryheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Moenie die doel van godgegewe vryheid mis nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 5/1 bl. 3-4

Almal wil vry wees

“Die mens is vry gebore, en oral is hy in kettings”, het die Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau in 1762 geskryf. Vry gebore. Wat ’n wonderlike gedagte! Maar soos Rousseau gesê het, het miljoene mense deur die geskiedenis heen nooit vryheid gehad nie. Hulle het eerder hulle lewe “in kettings” deurgebring omdat hulle vasgevang was in ’n stelsel wat hulle blywende geluk en tevredenheid in die lewe ontneem het.

MILJOENE wat vandag leef, vind nog steeds dat “die een mens . . . oor die ander [heers] tot sy ongeluk” (Prediker 8:9). Dit kwel ambisieuse mans en vroue nog steeds baie min of glad nie as hulle in hulle najaging van mag die vryhede van ander vertrap. “Moordbendes maak amok en vermoor 21 mense”, sê ’n tipiese berig. Nog een praat van ’n “slagting” waarin veiligheidsmagte ‘weerlose vroue, kinders en ou mense doodgemaak het, mense se keel afgesny het, burgerlike gevangenes in die kop geskiet het en ’n afbrandbeleid gevolg het wat die vernietiging van dorpies ingesluit het, asook bomaanvalle na willekeur’.

Dit is geen wonder dat mense bitter graag vryheid van onderdrukking wil hê en inderdaad daarvoor veg nie! Maar as daar vir een mens se vryheid geveg word, behels dit ongelukkig dikwels dat ’n ander se regte en vryhede vertrap word. Dit is byna onvermydelik dat onskuldige mans, vroue en kinders in die proses opgeoffer word en dat hulle dood “gewettig” word deur die saak waardig en regverdig te verklaar. Verlede jaar het ’n motorbom wat deur “vryheidsvegters” in die klein plattelandse dorpie Omagh in Ierland geplant is byvoorbeeld die dood van 29 onskuldige omstanders veroorsaak, en honderde ander is beseer.

Nog steeds “in kettings”

Wat word bereik wanneer die vegtery verby is? Wanneer die “vryheidsvegters” hulle stryd gewen het, word beperkte vryheid dalk verkry. Maar is hulle dan werklik vry? Is dit nie waar dat mense in selfs die mees bevryde gemeenskappe van die sogenaamde vry wêreld nog steeds “in kettings” gehou word deur sulke wrede meesters soos armoede, onvolmaaktheid, siekte en die dood nie? Hoe kan enigiemand sê dat hy waarlik vry is terwyl hy ’n slaaf van hierdie dinge is?

Die eertydse Bybelskrywer Moses het die lewe akkuraat beskryf soos wat dit vir baie deur die geskiedenis heen was en soos wat dit vandag nog is. Ons lewe dalk 70 of 80 jaar, het hy gesê, “en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet” (Psalm 90:10). Sal dit ooit verander? Sal dit ooit vir ons almal moontlik wees om ’n lewe te lei wat ten volle bevredigend is, wat vry is van die pyn en vrees wat soveel mense vandag verduur?

Die Bybel sê ja! Dit praat van “die glorieryke vryheid van die kinders van God” (Romeine 8:21). Kom ons ondersoek daardie vryheid waarvan die apostel Paulus in die eerste eeu gepraat het in ’n brief wat hy aan Christene in Rome geskryf het. In hierdie brief het Paulus duidelik getoon hoe elkeen van ons ware, blywende “glorieryke vryheid” kan verkry.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Uit die boek Beacon Lights of History, Deel XIII

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel