Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 2/15 bl. 24-25
  • Die stryd oor ’n “heilige” plek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die stryd oor ’n “heilige” plek
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Bevorder godsdiens vrede?
    Ontwaak!—2011
  • Dit is hoog tyd om te vlug!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Wat beteken dit om heilig te wees?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Kruistogte—’n ‘tragiese illusie’
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 2/15 bl. 24-25

Die stryd oor ’n “heilige” plek

OP 15 JULIE 1099 het die Eerste Kruistog, wat deur die pous van Rome gemagtig is, sy doel bereik en Jerusalem ingeneem. Die slagting was skrikwekkend! Die enigste inwoners wat dit oorleef het, was die goewerneur en sy lyfwag, nadat ’n groot omkoopprys betaal is. In sy boek The Crusades vertel die geestelike Antony Bridge wat met die res van die Moslem- en Joodse inwoners gebeur het: “Nadat die Kruisvaarders vrye teuels in die stad gegee is, het hulle hulle aan ’n groot en verskriklike bloeddorstigheid oorgegee. . . . Hulle het elke man, vrou en kind wat hulle in die stad kon vind, doodgemaak . . . Toe daar niemand meer was om dood te maak nie, het die oorwinnaars deur die strate van die stad . . . na die Grafkerk opgetrek om God te dank.”

Sedert die kruisvaarders se oorwinning is die Christendom se teenwoordigheid in Jerusalem gekenmerk deur konflik tussen die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse Kerk sowel as ander sogenaamde Christelike godsdienste. In 1850 het ’n geskil tussen verskillende kerkleiers oor heilige plekke in en om Jerusalem ’n belangrike rol gespeel in die uitbreek van die Krim-oorlog. Engeland, Frankryk en die Ottomaanse staat het teen Rusland geveg, en ’n halfmiljoen mense het hulle lewe verloor.

Die oorlog het nie die Christendom se geskille oor Jerusalem en sy heilige plekke tot ’n einde gebring nie. Die Ottomane, wat die land op daardie stadium regeer het, het vrede probeer bewerkstellig deur die heilige plekke onder die verskillende gelowe te verdeel. “Hierdie beginsel”, verduidelik dr. Menashe Har-el in sy boek This Is Jerusalem, “is . . . met die Verdelingsresolusie van November 1947 deur die Verenigde Nasies aanvaar. Dit is dus deel van die volkereg.” As gevolg hiervan is die Grafkerk onder die Rooms-Katolieke en Grieks-Ortodokse Kerk, Armeniërs, Siriërs en Kopte verdeel. Laastens het Etiopiërs hulle reg op hierdie kerk geëis deur lede in hutte op die dak van die kerk te laat woon. Baie mense beskou die Grafkerk as die Christendom se heiligste plek. Dit is vol altare, beelde en ikone. ’n Ander sogenaamde heilige plek, Gordon se Golgota, word deur party Protestante vereer as die plek waar Jesus volgens hulle tereggestel en begrawe is.

Jesus het lank gelede vir ’n vrou gesê wat in heilige plekke geglo het: “Die uur kom wanneer julle die Vader nie op hierdie berg of in Jerusalem sal aanbid nie. . . . Die ware aanbidders [sal] die Vader met gees en waarheid . . . aanbid” (Johannes 4:21-24). Ware Christene vereer dus nie heilige plekke nie. Die vernietiging van ontroue Jerusalem in 70 G.J. deur die Romeinse leërs is ’n waarskuwing vir die Christendom. Haar afgodediens, verdeeldheid en bloedskuld weerspreek haar bewering dat sy Christelik is. Gevolglik sal sy dieselfde lot hê as wat God vir al die godsdienste voorspel het waaruit Babilon die Grote bestaan.—Openbaring 18:2-8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel