Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 2/15 bl. 3
  • Dink jy daaraan om te trou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dink jy daaraan om te trou?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan die huwelik die storm deurstaan?
    Ontwaak!—2006
  • Die huwelik kan slaag in vandag se wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Wanneer die huwelik dreig om te verbrokkel
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Wat sê die Bybel oor die huwelik?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 2/15 bl. 3

Dink jy daaraan om te trou?

As ons egskeidings regoor die wêreld met ’n aardbewing vergelyk, sal die Verenigde State die episentrum wees. In ’n onlangse jaar is meer as eenmiljoen huwelike daar beëindig—gemiddeld twee elke minuut. Maar jy is dalk deeglik bewus van die feit dat die Verenigde State nie die enigste land is waarin daar ongelukkige huwelike is nie.

VOLGENS een studie het die egskeidingsyfers in Engeland en Wallis, Frankryk, Griekeland, Kanada en Nederland sedert 1970 meer as verdubbel.

Ons het alle rede om te glo dat die meeste paartjies trou omdat hulle mekaar liefhet en die res van hulle lewe saam wil deurbring. Maar ongelukkig is die droom van ’n gelukkige huwelik dikwels net dít—’n droom. Toe hulle agtergekom het wat die werklikheid inhou, het baie gesê dat hulle te gou getrou het of met die verkeerde persoon getrou het of albei.

Waarom misluk soveel huwelike? “Die hoofrede is ’n gebrek aan voorbereiding”, sê die skrywer van ’n boek oor hofmakery. Sy voeg by: “Wanneer ek met egpare te doen het wat huweliksprobleme ondervind, word ek deur twee gevoelens oorweldig—medelye en woede. Ek voel medelye omdat hulle drome van ’n wedersyds bevredigende verhouding nie bewaarheid is nie. Ek is woedend weens hulle onkunde oor die ingewikkeldheid van die taak.”

Ja, baie mense betree die huwelik met min of geen idee van hoe om dit te laat slaag nie. En tog is dit glad nie verbasend nie. Een opvoeder het gesê: “Hoeveel van ons jongmense bestudeer op kollege die gedrag van rotte en akkedisse, maar leer niks omtrent die gedrag van die twee mense wat man en vrou genoem word nie?”

Dink jy aan die huwelik—hetsy omdat jy dalk in die toekoms gaan trou of reeds getroud is? Indien wel, moet jy daarvan bewus wees dat ’n verhouding in die werklike lewe baie anders is as dié wat in rolprente, televisieprogramme en liefdesverhale uitgebeeld word. Terselfdertyd kan die huwelik tussen twee volwasse mense wat werklik lief is vir mekaar as ’n seëning van God beskou word (Spreuke 18:22, NW; 19:14). Hoe kan jy dan seker wees dat jy opgewasse is teen die eise van die huwelik? Watter faktore moet jy oorweeg wanneer jy ’n maat kies? Of as jy reeds getroud is, hoe kan jy die kans vergroot dat jy blywende geluk in jou huwelik sal vind?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel