Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 184
  • Wat sê die Bybel oor die huwelik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel oor die huwelik?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat is God se standaarde vir die huwelik?
  • Wat daarvan om uitmekaar te gaan of te skei?
  • Moet ’n huwelik wetlik geregistreer word om God se goedkeuring te hê?
  • Watter rolle en verantwoordelikhede gee die Bybel aan getroude mans en vrouens?
  • Verwag God dat getroude paartjies vandag kinders moet hê?
  • Hoe kan die Bybel my huwelik help?
  • Hoe om ’n sukses van ’n Christenhuwelik te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Die huwelik – ’n Gawe van God
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Hoe om ’n sukses van die huwelik te maak
    Ontwaak!—2011
  • Bou ’n sterk en gelukkige huwelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 184
’n Paartjie geniet mekaar se geselskap terwyl hulle ontbyt eet.

Wat sê die Bybel oor die huwelik?

Die Bybel se antwoord

Nadat God die eerste man en vrou geskep het, het hy hulle in die huwelik saamgevoeg. Hy het die huwelik ingestel as ’n spesiale band tussen ’n man en ’n vrou, wat ’n stabiele omgewing vir die gesin sou skep. – Genesis 1:27, 28; 2:18.

God wil hê dat getroude paartjies gelukkig moet wees (Spreuke 5:18). Deur middel van die Bybel het hy standaarde en beginsels vir die huwelik gegee wat dit kan help om suksesvol te wees.

In hierdie artikel

  • Wat is God se standaarde vir die huwelik?

  • Wat daarvan om uitmekaar te gaan of te skei?

  • Moet ’n huwelik wetlik geregistreer word om God se goedkeuring te hê?

  • Watter rolle en verantwoordelikhede gee die Bybel aan getroude mans en vrouens?

  • Verwag God dat getroude paartjies vandag kinders moet hê?

  • Hoe kan die Bybel my huwelik help?

  • Bybelverse oor die huwelik

Wat is God se standaarde vir die huwelik?

Van die begin af het God die huwelik geskep om ’n band te wees tussen een man en een vrou (Genesis 2:24). God keer nie poligamie en homoseksuele dade goed nie. Hy keer dit ook nie goed wanneer paartjies saambly sonder dat hulle getroud is nie (1 Korintiërs 6:9; 1 Tessalonisense 4:3). Jesus het sy volgelinge geleer om gehoorsaam te wees aan God se oorspronklike standaard vir die huwelik. – Markus 10:6-8.

In God se oë is die huwelik ’n permanente verbintenis tussen twee mense. Wanneer ’n man en vrou trou, belowe hulle om lojaal aan mekaar te wees en om bymekaar te bly so lank as wat hulle al twee lewe. God verwag dat hulle daardie belofte hou. – Markus 10:9.

Wat daarvan om uitmekaar te gaan of te skei?

Daar sal dalk tye wees wanneer ’n man en ’n vrou nie bymekaar kan wees nie, soos wanneer een van hulle weg moet gaan om te gaan help as daar ’n krisis in die familie is. Maar die Bybel moedig nie getroude paartjies aan om uitmekaar te gaan wanneer hulle huweliksprobleme het nie. Dit moedig eerder paartjies aan om in so ’n situasie aan die probleem te werk sodat hulle bymekaar kan bly. – 1 Korintiërs 7:10.

Die Bybel sê dat seksuele onsedelikheid die enigste rede is om te skei (Matteus 19:9). So as ’n getroude paartjie besluit om uitmekaar te gaan of te skei en dit nie as gevolg van seksuele onsedelikheid is nie, gee die Bybel hulle nie die reg om met iemand anders uit te gaan of te trou nie. – Matteus 5:32; 1 Korintiërs 7:11.

Moet ’n huwelik wetlik geregistreer word om God se goedkeuring te hê?

God verwag dat Christene landswette wat met die huwelik te doen het, moet gehoorsaam (Titus 3:1). Wanneer ’n paartjie hulle huwelik wetlik registreer, wys hulle dat hulle respek het vir die regering en vir God se standaard dat die huwelik permanent is.a

Watter rolle en verantwoordelikhede gee die Bybel aan getroude mans en vrouens?

  • Verantwoordelikhede wat gedeel moet word. Mans en vrouens moet mekaar met liefde en respek behandel (Efesiërs 5:33). Hulle moet op ’n liefdevolle manier in mekaar se seksuele behoeftes voorsien en moet alle vorme van ontrouheid vermy (1 Korintiërs 7:3; Hebreërs 13:4). As ’n getroude paartjie kinders het, moet hulle die kinders saam grootmaak. – Spreuke 6:20.

    ’n Ma help haar dogtertjie met haar huiswerk terwyl die pa groente sny.

    Die Bybel sê nie presies hoe ’n getroude paartjie die verantwoordelikhede moet deel wanneer dit kom by sekulêre werk en huishoudelike takies nie. Hulle kan saam besluit wat die beste vir hulle gesin sal wees.

  • ’n Man se rol. Die Bybel sê dat die man “die hoof van sy vrou” is (Efesiërs 5:23). Hy is die hoof in die sin dat hy sy gesin moet lei en besluite moet maak wat die beste vir sy vrou en kinders sal wees.

    ’n Getroude paartjie lees die Bybel saam by die huis en geniet iets om te drink.

    Hy moet seker maak dat hulle gesond en gelukkig is en dat hulle na aan God bly (1 Timoteus 5:8). Hy wys dat hy sy vrou se eienskappe en vermoëns waardeer deur saam met haar te werk en deur haar opinie en gevoelens ernstig op te neem wanneer hy besluite maak (Spreuke 31:11, 28). Die Bybel sê dat ’n man op ’n liefdevolle manier na sy verantwoordelikhede moet omsien. – Kolossense 3:19.

  • ’n Vrou se rol. Die Bybel sê dat ’n vrou “diep respek vir haar man” moet hê (Efesiërs 5:33). Dit maak God bly wanneer ’n vrou die rol respekteer wat hy aan haar man gegee het.

    ’n Getroude man en vrou bespreek hulle finansies.

    Haar rol is om haar man by te staan deur hom te help om goeie besluite te maak en sy hoofskap te ondersteun (Genesis 2:18). Die Bybel sê goeie dinge van ’n vrou wat haar belangrike rol in die huwelik vervul. – Spreuke 31:10.

Verwag God dat getroude paartjies vandag kinders moet hê?

Nee. God het in die verlede party van sy aanbidders beveel om kinders te hê (Genesis 1:28; 9:1). Maar hierdie bevel is nie op Christene van toepassing nie. Jesus het nooit sy volgelinge beveel om kinders te hê nie. En sy vroeë dissipels het ook nie gesê dat getroude paartjies kinders moet hê nie. Paartjies moet self besluit of hulle kinders wil hê.

Hoe kan die Bybel my huwelik help?

Die Bybel bevat beginsels wat ’n paartjie kan help sodat hulle huwelik ’n goeie begin kan hê. Hierdie waarhede in die Bybel kan paartjies ook help om probleme te vermy of te oorkom.

Bybelwaarhede kan ’n getroude paartjie help om . . .

  • ware liefde te wys. – 1 Korintiërs 13:4-7; Kolossense 3:14.

  • verskille te hanteer. – 1 Korintiërs 10:24.

  • goeie luisteraars te wees. – Jakobus 1:19.

  • mekaar te respekteer. – Romeine 12:10.

  • mekaar te vergewe. – 1 Petrus 4:8.

  • lojaal te wees aan mekaar. – Markus 10:9.

  • geduldig te wees. – Efesiërs 4:2, 3.

  • as ’n span saam te werk. – Prediker 4:9.

  • hulle verhouding te versterk. – Hooglied 8:7.

a Om die Bybel se beskouing te kry oor tradisionele of stamhuwelike, sien Die Wagtoring van 15 Oktober 2006, bladsy 21, paragraaf 12.

Bybelverse oor die huwelik

Spreuke 18:22: “Die een wat ’n goeie vrou vind, het iets goeds gevind.”

Betekenis: Die Bybel sê dat die huwelik ’n goeie ding is.

Maleagi 2:15: “Moenie bedrieglik optree teenoor die vrou van jou jeug nie.”

Betekenis: God wil hê dat mans en vrouens getrou aan mekaar moet wees en mekaar met respek moet behandel, al is hulle al lank getroud.

Markus 10:9: “Wat God . . . onder een juk saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.”

Betekenis: God het bedoel dat die huwelik ’n permanente band tussen twee mense moet wees.

Hebreërs 13:4: “Die huwelik moet vir almal eerbaar wees.”

Betekenis: ’n Paartjie moet hulle huwelik as belangrik beskou en moet hard werk om dit te beskerm.

1 Korintiërs 7:28: “Mense wat . . . trou, sal probleme ondervind.”

Betekenis: Geen huwelik is perfek nie; paartjies moet saam werk om uitdagings te oorkom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel