Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 6/1 bl. 8
  • Gebruik elke geleentheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik elke geleentheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Sendingywer—’n kenmerk van ware Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Getuie-skoliere word geprys
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • “Die hand van Jehovah was met hulle”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • ’n Dag in die lewe van ’n sendeling
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 6/1 bl. 8

Koninkryksverkondigers berig

Gebruik elke geleentheid

JEHOVAH SE GETUIES is wêreldwyd bekend vir hulle Bybelonderrigwerk. Maar hulle bied ook programme aan wat die gemeenskap op ander maniere tot voordeel strek. Hierdie openbare diens is gunstig ontvang, soos die volgende ondervindinge uit Ecuador toon.

◻ Die bestuur van ’n groot glasfabriek wou ’n kursus oor gesinswaardes vir hulle werknemers reël. Die mannekragbestuurder het verskeie Katolieke priesters genooi om daaraan deel te neem, maar het geen reaksie gekry nie. Een priester het vir hom gesê dat so min priesters bekwaam is om oor die onderwerp te praat dat daar waarskynlik niemand beskikbaar sal wees nie. Toe ’n Getuiewerknemer hiervan te hore kom, het sy reëlings getref dat ’n broer wat dikwels in sakegebied werk die fabriek besoek.

Die volgende dag het die Getuie die mannekragbestuurder met ’n voorgestelde studiekursus genader. ’n Lys onderwerpe is uit verskeie publikasies van die Wagtoringgenootskap opgestel. Die bestuurder was beïndruk. Hy het drie besprekingspunte gekies—menseverhoudings, gedragsreëls by die werk en gedragsreëls in die gesin. Reëlings is toe getref om die inligting met al die werkers te bespreek.

Die werkers is in sewe groepe van 30 persone elk verdeel, waarna drie bekwame broers die inligting met hulle bespreek het. Wat was die gevolg? ’n Hele aantal werkers het gevra om tuis besoek te word, en 216 Bybelstudiehulpe is versprei. Die bestuur was so beïndruk dat hulle gevra het of die Getuies nog ’n reeks lesings kon voorberei.

◻ Ecuador het onlangs ’n wet goedgekeur wat godsdiensonderrig in skole toelaat. ’n Sendelingsuster het die hoof van ’n laerskool besoek en haar gevra hoe suksesvol die nuwe wet was. Die skoolhoof het verduidelik dat hulle probeer het om ’n program te begin oor die aanbidding van Maria, maar niks het ooit daarvan gekom nie. Toe die suster opmerk dat sulke aanbidding probleme kan skep vir kinders wat nie Katolieke is nie, het die skoolhoof saamgestem. “Maar ons het ’n program”, het die sendeling gesê, “om mense sedelike beginsels uit die Bybel te leer wat hulle nie verplig om ’n sekere godsdiens aan te neem nie.” Die skoolhoof het geantwoord: “Wanneer kan jy kom? Oormôre?” Nadat die sendeling haar die boek Luister na die Groot Onderwyser gewys het, is daar besluit dat hulle die hoofstuk “Gelukkig is die vredeliewendes” sou bespreek.

Toe die sendeling terugkeer, het sy sewe verskillende klaskamers drie uur lank besoek terwyl die hoof na die besprekings geluister het. Ná ’n sessie met ’n graadvyfklas het een van die leerlinge gesê: “Juffrou moet asseblief tog na die graadsesse gaan. Hulle probeer altyd om ons af te knou en ’n bakleiery aan die gang te sit!” Een onderwyser het gesê: “Geweld is ’n baie belangrike onderwerp. Ons het meer tyd nodig om hierdie saak te bespreek.”

Reëlings is getref om na die skool toe terug te gaan en onderwerpe soos gehoorsaamheid en leuens te bespreek. Tot dusver was die resultate baie positief. Wanneer die sendelingsuster nou met die straat afloop, hardloop die kinders na haar om haar te groet en Bybelvrae te vra. Ander stel haar trots aan hulle ouers voor. Daarbenewens is ’n tuisbybelstudie met twee van die skoolkinders begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel