Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 3/15 bl. 11
  • Die “eenvingerbybel”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “eenvingerbybel”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Mylpaal vir liefhebbers van God se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Die Nuwe Wêreld-vertaling word wêreldwyd deur miljoene waardeer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Lojale voorstanders van die Woord van God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • ’n Lewende vertaling van God se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 3/15 bl. 11

Die “eenvingerbybel”

JOSEF SJERESJEWSKI was ná ’n ernstige siekte verlam en kon slegs skryf deur met een vinger te tik. Tog het hy sy doel bereik—om die Bybel in Chinees te vertaal, een van die moeilikste tale vir ’n buitelander om aan te leer.

Sjeresjewski, wat ’n Jood van geboorte was, het die Christelike godsdiens as ’n volwassene ondersoek en aangeneem. Hy het uiteindelik ’n sendeling in China geword. Daar het hy, reeds van 1866 en tot in die eerste jare van die 20ste eeu, aan baie vertaalprojekte deelgeneem. As gevolg van Sjeresjewski se Joodse agtergrond het hy Hebreeus baie beter geken as sy medegeleerdes. Gevolglik is die vertaling van die hele Hebreeuse Geskrifte aan hom toevertrou. Teen die einde van sy lang loopbaan het hy ook ’n Chinese vertaling van die hele Bybel met verwysings voortgebring.

As Bybelvertaler was Josef Sjeresjewski ’n geesdriftige voorstander van vertalings in die omgangstaal. Maar hy het nie ’n maklike taak gehad nie. Sy bydrae tot die Chinese Bybel is uniek, sê The Book of a Thousand Tongues, “omdat dit so volledig was en ondanks soveel struikelblokke uitgevoer is”.

Nadat Sjeresjewski se hande verlam geraak het, het hy nog steeds vooruit gebeur. Dit het groot inspanning van hom geverg om te tik, aangesien hy die normale gebruik van sy hande verloor het. Hy het hierdie vertaling gevolglik sy eenvingerbybel genoem. Sjeresjewski het 25 jaar daarmee volhard om dit ondanks sy gebreke te voltooi. Omdat hy nie tou opgegooi het nie, het hy ’n deel daaraan gehad om God se Woord verstaanbaar te maak in Chinees—die taal wat deur meer mense as enige ander taal gepraat word.

[Foto-erkenning op bladsy 11]

Albei foto’s: Met vergunning van die American Bible Society Archives

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel