Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Voorbeeld van selfopoffering en lojaliteit
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • ‘Hou aan om mekaar vryelik te vergewe’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Elisa het strydwaens van vuur gesien—Sien jy dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

◻ Wat is die hoofdoel van opvoeding vir ’n jong Christen?

Die hoofdoel van opvoeding moet wees om ’n jeugdige toe te rus om ’n bekwame bedienaar van Jehovah te word. En die belangrikste opvoeding in hierdie verband is ’n geestelike opvoeding.—8/15, bladsy 21.

◻ Om watter redes moet ons die ernstige oortreding van ’n mede-Christen by die ouer manne aanmeld?

Een rede waarom ons ernstige oortreding moet aanmeld, is dat dit help om die gemeente rein te hou. Nog ’n rede is dat dit ’n daad van Christelike beginselvaste liefde teenoor God, teenoor die gemeente en teenoor die oortreder is.—8/15, bladsye 28, 30.

◻ Wat beteken dit om “die teenwoordigheid van die dag van Jehovah ... goed in gedagte” te hou? (2 Petrus 3:12).

Dit beteken dat ons “die dag van Jehovah” nie in ons verstand uitstel nie. Ons moet nie vergeet dat die dag naby is wanneer Jehovah hierdie stelsel van dinge gaan vernietig nie. Dit moet vir ons so werklik wees dat ons dit duidelik kan sien, asof dit reg voor ons is (Sefanja 1:7, 14).—9/1, bladsy 19.

◻ Waarom het die laaste dae van hierdie goddelose stelsel langer voortgeduur as wat baie verwag het?

Jehovah neem in ag wat vir die beswil van die hele mensdom is. Hy is besorg oor menselewens (Esegiël 33:11). Ons kan seker wees dat die einde op die regte tyd sal kom om die voorneme van ons alwyse, liefdevolle Skepper te vervul.—9/1, bladsy 22.

◻ Hoe kan diegene in die voltydse diens hulle vreugde behou ondanks probleme waarvoor hulle dalk te staan kom?

Hulle moet dink aan al die seëninge wat hulle geniet en besef dat duisende ander met groter probleme te kampe het (1 Petrus 5:6-9).—9/15, bladsy 24.

◻ Met watter doel het William Tyndale die Bybel vertaal?

Tyndale se doel was om die Skrif tot die gewone mens te laat spreek met woorde wat so juis en eenvoudig moontlik was.—9/15, bladsy 27.

◻ Hoe kan ons toon dat ons lojale voorstanders van God se Woord is?

Ons toon ons lojaliteit teenoor God se Woord deur dit ywerig aan ander te verkondig. As onderrigters moet ons die Bybel met sorg gebruik en die woorde daarin nooit verdraai of uit verband gebruik om dit by ons idees te laat pas nie (2 Timoteus 2:15).—10/1, bladsy 20.

◻ Hoe kan die giftige gees van die wêreld ons onkreukbaarheid ondermyn?

Die wêreld se gees kan ons onkreukbaarheid ondermyn deur ons ontevrede te maak met wat ons het en ons gretig te maak om ons eie behoeftes en belange voor God s’n te stel. (Vergelyk Matteus 16:21-23.)—10/1, bladsy 29.

◻ Wat beteken dit om Jehovah met ons hele siel te dien?

Die “siel” verwys na die hele mens, met al sy fisiese en verstandelike vermoëns. Om Jehovah met ons hele siel te dien, beteken dat ons van onsself gee, al ons vermoëns gebruik en ons kragte ten volste in God se diens inspan (Markus 12:29, 30).—10/15, bladsy 13.

◻ Wat is nodig as jy ’n persoon met Goddelike beginsels wil wees?

Dit is nodig dat jy Jehovah werklik ken, weet waarvan hy hou, waarvan hy nie hou nie en wat sy voornemens is. Wanneer hierdie grondwaarhede omtrent God ons lewe rig, word hulle in werklikheid lewende beginsels (Jeremia 22:16; Hebreërs 4:12).—10/15, bladsy 29.

◻ Watter gebalanseerde beskouing het Jehovah se knegte van menseheerskappy?

Hulle is neutraal in politieke aangeleenthede omdat hulle ambassadeurs of gesante van God se Koninkryk is (2 Korintiërs 5:20). Aan die ander kant is hulle weens hulle gewete onderdanig aan diegene wat gesag het.—11/1, bladsy 17.

◻ Watter les kan ons uit die optrede van die profeet Elisa leer?

Toe Elisa die uitnodiging vir spesiale diens saam met Elia ontvang het, het hy onmiddellik sy saailand verlaat om Elia te bedien, hoewel party van sy take nederig sou wees (2 Konings 3:11). Party van God se hedendaagse bedienaars het ’n soortgelyke selfopofferende gees geopenbaar deur hulle werk op te gee om die goeie nuus in afgeleë gebiede te verkondig.—11/1, bladsy 31.

◻ Watter nuttige raad bevat die brief van Jakobus?

Dit wys vir ons hoe om beproewinge die hoof te bied, gee raad teen voortrekkery en spoor ons aan om onberispelike werke te beoefen. Jakobus spoor ons aan om die tong te beheers, om wêreldse invloede te weerstaan en om vrede te bevorder. Sy woorde kan ons ook help om geduldig te wees en aan te hou bid.—11/15, bladsy 24.

◻ Waarom is Jehovah “vergewensgesind”? (Psalm 86:5).

Jehovah vergewe geredelik omdat hy nie vergeet dat ons skepsele van stof is wat as gevolg van onvolmaaktheid swakhede het nie (Psalm 103:12-14).—12/1, bladsye 10, 11.

◻ Waarom moet ons bereid wees om ander te vergewe?

As ons weier om ander te vergewe wanneer daar ’n grondslag vir barmhartigheid is, kan dit ons verhouding met God benadeel (Matteus 6:14, 15).—12/1, bladsy 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel