Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 11/1 bl. 32
  • Skep “diep waters” uit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Skep “diep waters” uit
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 11/1 bl. 32

Skep “diep waters” uit

’N BYBELSPREUK sê: “Die raad in die hart van ’n man mag diep waters wees, ’n man van verstand [“onderskeidingsvermoë”, NW] sal dit tog uitskep” (Spreuke 20:5). In Bybeltye was dit baie moeiliker om water te kry as wat dit vandag in baie lande is. Toe Jesus met die Samaritaanse vrou gepraat het, het sy water uit Jakob se fontein opgetrek, ’n put wat sowat 23 meter diep was!—Johannes 4:5-15.

Soos Spreuke 20:5 toon, is die onderskeidingsvermoë wat nodig is om die gevoelens wat in iemand se hart gekoester word te voorskyn te roep baie soos die inspanning wat nodig is om water uit ’n put te skep. Dit geld vir die meeste aspekte van die lewe. Byvoorbeeld, jy ken dalk mense wat oor baie jare ’n skat van kennis en ondervinding opgebou het. As hulle nie geneig is om uit hulle eie raad aan te bied nie, sal jy hulle dalk aan die praat moet kry. Deur belangstelling te toon, vrae te stel en hulle taktvol te pols, sal jy as ’t ware jou emmer in ’n diep put van wysheid laat afsak.

Die raad in Spreuke 20:5 geld ook in die gesin. ’n Mens hoor dikwels dat vrouens sê: “My man vertel nie vir my hoe hy voel nie!” ’n Man sê dalk: “As my vrou vir my kwaad is, praat sy eenvoudig nie met my nie!” In sulke situasies is onderskeidingsvermoë nodig om die gedagtes wat diep in ’n huweliksmaat se hart is, uit te skep. Taktvolle vrae (Het jy ’n moeilike dag gehad? Wat het gebeur? Hoe kan ek help?) kan dikwels tot openhartige kommunikasie lei. As sulke onderskeidingsvermoë aan die dag gelê word, sal dit die huweliksband tot voordeel van die man sowel as die vrou versterk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel