Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 10/1 bl. 32
  • Liefde word betoon aan dié wat hulp nodig het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Liefde word betoon aan dié wat hulp nodig het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 10/1 bl. 32

Liefde word betoon aan dié wat hulp nodig het

CHRISTENE het die verpligting sowel as die voorreg om liefde te betoon aan hulle broers en susters wat hulp nodig het (1 Johannes 3:17, 18). Die apostel Paulus het geskryf: “[Laat ons] aan almal goed doen, maar veral aan dié wat in die geloof aan ons verwant is” (Galasiërs 6:10). ’n Broer wat Jehovah al amper vier dekades lank dien, het onlangs die liefde van die Christenbroederskap ondervind gedurende die tyd van sy vrou se siekte en dood. Hy skryf:

“Aangesien ek gedurende my vrou se siekte by die huis vir haar gesorg het, kon ek amper twee maande lank nie sekulêre werk doen nie. Hoe verlig het ek tog gevoel toe die broers in die gemeente aangebied het om ons te help! Tientalle geskenke in die vorm van geld—‘om met die ekstra uitgawes te help’, soos die bygaande kaartjies gesê het—het vir die huisverband, dienste en ander uitgawes betaal.

“Twee weke voor my vrou se dood het ons kringopsiener ’n bemoedigende besoek aan ons gebring. Hy het selfs die skyfies gewys wat die gemeente die einde van die week sou sien. Ons kon oor die telefoon na die vergaderinge luister—selfs die velddiensvergaderinge wat deur die kringopsiener gehou is. By een van hierdie vergaderinge het hy almal wat daar was vir velddiens as ’n groep vir my vrou laat ‘hallo’ sê. Hoewel sy dus fisies afgesonder was, het sy nooit alleen gevoel nie.

“Binne ’n uur ná haar dood was amper al die ouer manne by my huis. Daardie dag alleen het meer as honderd broers by die huis aangekom. Kos vir almal wat daar was, het ‘wonderbaarlik’ op die tafel verskyn. Ek kan nie begin om al die geskenke, betuigings van meegevoel, vertroostende woorde en gebede wat ten behoewe van my gedoen is te noem nie. Hoe versterkend was hulle tog! Ek moes die broers uiteindelik vra om op te hou om vir my etes te voorsien en te help om die huis skoon te maak!

“Waar anders as in Jehovah se organisasie kan ons sulke onselfsugtige blyke van medelye, besorgdheid en liefde vind? Die meeste mense kan vandag hulle ware vriende op een hand tel. Jehovah het ons met ’n groot uitgebreide familie van geestelike broers en susters geseën!”—Markus 10:29, 30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel