Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 5/1 bl. 32
  • Dra die juk in jou jeug

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dra die juk in jou jeug
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 5/1 bl. 32

Dra die juk in jou jeug

IN HIERDIE ‘kritieke tye wat moeilik is om deur te kom’, het jongmense met baie groot druk te kampe (2 Timoteus 3:1). Hulle word daagliks bestook met propaganda wat onsedelikheid, die rookgewoonte en ander vorme van lewensgevaarlike gedrag aanmoedig. Diegene wat Bybelstandaarde volg, word moontlik bespot omdat hulle nie met die stroom saamgaan nie, en sommige Christene meen dalk dat dit makliker sal wees om tou op te gooi.

Jeremia het teen die einde van die sewende eeu v.G.J. geskryf: “Dit is goed vir ’n man dat hy die juk in sy jeug dra” (Klaagliedere 3:27). Wat het hy bedoel? As ’n mens leer om probleme die hoof te bied terwyl jy jonk is, help dit jou om voor te berei vir die uitdagings waarvoor volwassenes te staan kom. Teenspoed, ofskoon dit onaangenaam is, is onafwendbaar beide vir jong Christene en volwassenes (2 Timoteus 3:12). Maar die voordele van getrouheid oortref verreweg enige tydelike verligting wat dit miskien sou meebring as ’n mens tou opgooi.

As jy jonk is, moet jy toetse van die geloof moedig onder die oë sien. Weier om te swig wanneer jy in die versoeking kom om jou aan verkeerde gedrag skuldig te maak. Alhoewel dit dalk op daardie oomblik moeilik is, sal jy op die lange duur minder angs ervaar. Jesus het belowe: “Neem my juk op julle . . . , en julle sal verkwikking vir julle siele vind. Want my juk is sag en my vrag is lig.”—Matteus 11:29, 30.

Aanvaar die uitdaging om volgens Bybelbeginsels te lewe. As jy dít doen, sal jy nóú die beste lewenswyse geniet en ’n vaste toekomshoop hê. Dit is soos die Bybel sê: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”—1 Johannes 2:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel