Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 3/15 bl. 24
  • Valse aantygings in Frankryk teëgewerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Valse aantygings in Frankryk teëgewerk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 3/15 bl. 24

Valse aantygings in Frankryk teëgewerk

JEHOVAH SE GETUIES in Frankryk was onlangs die skyf van ’n vloedgolf valse aantygings. Die media het die tragiese gebeure waarby godsdienskultusse in Europa en Japan betrokke was, gebruik om verdraaide inligting oor die Getuies te versprei. Hulle is verkeerdelik uitgebeeld as een van die grootste en gevaarlikste kultusse.

In ’n poging om sake reg te stel, het Jehovah se Getuies ’n traktaat uitgegee wat vrae beantwoord het soos: Wie is Jehovah se Getuies? Is hulle Christene? Aanvaar hulle mediese behandeling? Waarom gaan hulle van huis tot huis? Hoe word hulle werk gefinansier? Hoe bevoordeel Jehovah se Getuies die gemeenskap?

Die leersame traktaat in Frans was getiteld: Jehovah se Getuies—Wat jy moet weet. ’n Kampanje is georganiseer om die traktaat by soveel mense moontlik te laat. Tussen 13 Mei en 9 Junie 1996 is meer as negemiljoen eksemplare versprei.

Hierdie traktaat het baie mense beïndruk, onder andere staatsamptenare. “Ek voel verontwaardig oor die kritiek wat teen Jehovah se Getuies gerig is”, het ’n streekraadslid geskryf nadat hy die traktaat gelees het. “Ek word keer op keer met waardering gevul vir die welwillende en onselfsugtige aard van julle werk.” In reaksie op die traktaat het ’n lid van die Europese Parlement geskryf: “Die meeste mense weet baie goed wat die verskil is tussen die groep Christene waarvan julle ’n deel is en die kultusse.”

In Bretagne het ’n Getuie die traktaat vir ’n priester gewys, wat dit geredelik geneem het. “Ek wil julle prys vir wat julle doen”, het die priester gesê. Hy het toe bygevoeg: “Ek spoor my gemeentelede aan om julle in hulle huise in te nooi en ’n koppie koffie aan te bied. Jy kan selfs vir diegene wat jy ontmoet, sê dat jy by my huis was. Ek wil ook vir jou sê dat ek dit geniet om julle publikasies te lees.”

Nadat ’n Protestantse man in die Elsas ’n traktaat ontvang het, het hy aan die Wagtoringgenootskap geskryf en ’n Bybelstudie gevra. “Aangesien ek alle vertroue in my kerk verloor het”, het hy geskryf, “sien ek uit na ’n nuwe geestelike begin.” Ondanks die valse aanklagte wat soms teen Jehovah se Getuies gerig word, gaan hulle in Frankryk—trouens, in alle wêrelddele—voort om mense te help om juiste kennis op te doen van God se voornemens, soos dit in die Bybel uiteengesit word.—2 Timoteus 3:16, 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel